Die Eagles is in Katmandu vir driehoekige reeks

Die Richelieu Eagles het in Katmandu, Nepal aangekom om aan vier IKR Mans Krieket-wêreldbeker Liga 2-wedstryde en vier T20-wedstryde teen Nederland en Nepal deel te neem. Die eendagwedstryde is deel van die pad na die Wêreldbeker-toernooi, wat in 2027 deur Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika aangebied sal word. Die drie lande gaan deelneem aan die komende IKR T20 Wêreldbeker vir mans, wat gesamentlik deur die VSA en die Wes-Indiese Eilande aangebied word. Die wedstryde vorm deel van hul voorbereidings vir die Wêreldbeker, wat oor vier maande plaasvind. Die wedstryde begin Donderdag en eindig op 5 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, Johan Muller, gepraat wat sê hulle het baie hard gewerk en sien uit na die reeks.