
Universiteit Stellenbosch sal geen vorm van rassisme duld - May 18, 2022
Die Universiteit van Stellenbosch sê hy sal geen vorm van rassisme of onverdraagsame gedrag op grond van ras op sy kampus duld nie. Dit volg op ‘n voorval oor die naweek in Huis Marais waar ‘n wit student op die besittings van ‘n swart student geurineer het. Die oortreder is intussen geskors. Ons korrespondent in […]
Namibiese pluimveebedryf groei vinnig - May 18, 2022
Die Namibiese pluimveebedryf is een van die sektore wat vinnig groei in die land. Dit is ook een van die sektore wat Namibiërs onderhou het tydens die Covid-pandemie. Tydens ‘n gesprek vandag van die inligtingsminsiterie is die fokus gerig op die marktoetrede en hulp aan pluimveeboere in Namibië. Die handelsbevorderingsbeampte in die handelsministerie , Rebeka […]
Paratus se Angolese entiteit na Paratus Angola herdoop - May 18, 2022
Die Paratus-groep, die pan-Afrikaanse netwerkdiensverskaffer, het aangekondig dat sy Angolese entiteit, Internet Technologies Angola, herdoop sal word as Paratus Angola vanaf Julie 2022. Paratus Angola het byna 200 personeel in diens oor sy ses operasionele kantore wat die hele Angolese gebied van 1 246 700 vierkante kilometer dek.
Afrika-jeug word in landbou-projek ondersteun - May 18, 2022
Heifer International het die Dubbed Digital Agriculture Champions-projek onthul wat digitale tegnologiese oplossings bied vir uitdagings waarmee kleinboere in Afrika te kampe het. Die senior vise-president vir Afrika-programme by Heifer International, Adesuwa Ifedi, sê die organisasie is daartoe verbind om die jeug te mentor om digitale opname-entrepreneurs te word. Ifedi sê die gevorderde tegnologie poog om aandag te gee aan uitdagings in die landbousektor ná die pandemie […]
Blitsbok-nuweling gereed om impak te maak - May 18, 2022
Rugby: Die Springbok sewesspan is in Toulouse vir die Frankryk Sewes. Blitsbok-ster Selvyn Davids is laat onttrek uit die groep, met die jong Dalvon Blood wat sy plek oorgeneem het. Blood hoop om sy debuut te maak in Toulouse, en volgens hulpafrigter Renfred Dazel, verdien Blood sy kans.
Swakopmund se konstruksiebedryf groei in April - May 18, 2022
Gedurende April 2022 is altesaam 95 bouplanne in Swakopmund volgens Simonis Storm goedgekeur, vergeleke met 34 in die vorige maand en 38 in April 2021. Goedgekeurde planne het ‘n totale waarde van byna 120 miljoen Namibiese dollar en sluit 94 residensiële planne en een instellings in. Theo Klein van Simonis Storm is aan die woord.
Minder bouplanne in Windhoek in April goedgekeur - May 18, 2022
Volgens Simonis Storm is altesaam 188 bouplanne gedurende April 2022 in Windhoek goedgekeur, vergeleke met 247 in die vorige maand en 268 in April 2021.Die goedgekeurde planne het ‘n gesamentlike waarde van 107,6 miljoen Namibiese dollar en sluit 114 planne vir aanbouings, een kommersieel, 58 huise in. Theo Klein van Simonis Storm…
Agra se speenkalf-kompetisie skop in Junie af - May 18, 2022
Die 2022 Agra speenkalf-kompetisie vind vanjaar vir die elfde keer in ‘n moderne formaat plaas. Daar sal 21 veilings vanaf 21 Junie tot 15 September regoor Namibië vanaf Karasburg tot Grootfontein plaasvind. Daar sal ook vier nuwe veilingsplekke wees, naamlik Talismanus, Okanjatu, Okakarara en Aminius. Vanjaar sal drie nasionale wenners aangekondig word. Die streekwenners, asook die algehele kampioene sal by die gesogte jaarlikse gala-geleentheid […]
DA: Gauteng se 2,6 miljoen trek geen voordeel uit oorlogskamer - May 18, 2022
Die DA in Gauteng sê die 2,6 miljoen werklose inwoners van die provinsie trek geen voordeel uit die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling se oorlogskamer wat onder premier David Makhura gestig is nie. Altesaam 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is daaraan bestee. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê dit beteken werklose inwoners, veral die jeug, sal steeds sukkel […]
Byna 450 massa-skietvoorvalle in Kaapstad tussen Junie 2019 en Des 2021 - May 18, 2022
Die jongste statistiek toon daar het tussen Junie 2019 en Desember 2021, 442 massa-skietvoorvalle in die Wes-Kaap plaasgevind. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die polisie is besig om planne in werking te stel om massa-skietvoorvalle in die provinsie uit te roei deur polisie-sigbaarheid te verhoog en meer as 200 polisiebeamptes vanaf ander provinsies te […]