Pfizer in VSA goedgekeur vir kinders tussen 12 en 15

Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie het die gebruik van Pfizer-BioNTech se Covid-19 entstof vir kinders tussen 12 en 15 goedgekeur. Sowat 1,5 miljoen gevalle van die siekte onder 11- tot 17-jariges is tussen Maart verlede jaar en verlede maand by die Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming aangemeld. Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê die goedkeuring […]

Read More

Brittanje maak verder oop

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, is opgewonde oor ‘n die nuwe vier-stap-plan om Engeland se inperking te verslap. Winkels, haarkappers, gimnasiums en buitelig-restaurante het op 12 April heropen. Vanaf 17 Mei kan twee huishoudings in een huis saam kuier en kroeë, restaurante, rolprent- en konsertteaters mag weer oopmaak. Hy maan Britte om steeds versigtig […]

Read More

Sassa moet bykom – Black Sash

Die Black Sash sê Sassa se verduideliking vir die laat betaling van die Covid-19 Maatskaplike noodverligtingstoelaes is onaanvaarbaar. Sassa sê hy wag op goedkeuring om fondse uit die vorige boekjaar te benut. Benewens die tyd wat dit gaan duur om goedkeuring te verkry, sal dit waarskynlik ook nie as ‘n enkelbedrag uitbetaal word nie. ‘n […]

Read More

Onderwys ontvang goedkoper boustelsel

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka, sê die ministerie sal ‘n nuwe standaard en bekostigbare metode van konstruksie implementeer wat die koste van bouprojekte sal beperk. Sy het ‘n skenking van die planne van Direct Design Lab ontvang maar het nie bekend gemaak presies wat die besparing sal wees nie. Nghipondoka sê Kabinet moet […]

Read More

NBC: konsiliasie laaste hoop

Konsiliasie is volgens die Napwu-vakbond die enigste hoop om die voortslepende staking by die NBC tot ‘n einde te bring. Gideon Thomas van die vakbond sê sou die poging onsuksesvol wees sal die vakbond aansoek doen vir ‘n interdik. Luidens die jongste berigte wou die voorsitter van die NBC se raad Lazarus Jacobs nie kommentaar […]

Read More

Portugal staan Mosambiek by

Portugal gaan nog sestig soldate na Mosambiek stuur ingevolge ‘n nuwe samewerkings-ooreenkoms om die land in sy stryd teen Isis-insypelaars te help. Internasionaal word daar berig dat Portugal se Minister van Verdediging, Joao Cravinho, sê die ooreenkoms sal tot 2026 duur. ‘n Dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, Theo Neethling, sê die ooreenkoms volg […]

Read More

Jongste oor Kudugas

Die Kudugas-projek, sowat 170 kilometer noordwes aflandig van Oranjemund, is tans in onderhandelinge met ‘n moontlike belegger. Die gasveld met sy waterdiepte van 560 voet, se natuurlike gasreserwes word op 1,3 triljoen kubieke voet beraam en moontlike reserwes op 9 triljoen kubieke voet. Volgens die hoofbestuurder, Klaus Enderson, word met ‘n elektrisiteitsmaatskappy onderhandel wat krag […]

Read More

DNS-agterstand word vandag bespreek

Die dringende debat oor die Suid-Afrikaanse polisie se agterstand met DNS-ontledings wat die DA in die Parlement aangevra het, word vandag gehou. Woordvoerder Andrew Whitfield sê die krisis het betrekking op duisende moorde en verkragtings. Hy sê die party het die Minister van Polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisie Kommissaris, Khehla Sitole, gevra om […]

Read More

Kuberkrakers sê jammer oor Colonial

Die Amerikaanse FBI sê die kuberaanval op Colonial Pipeline in Texas is deur ‘n groep, DarkSide, uitgevoer. Losprys-sagteware is gebruik in die kuberaanval wat die verspreiding van brandstof en olie teen die Amerikaanse ooskus bemoeilik het. President Joe Biden moes ‘n noodtoestand verklaar om toe te laat dat brandstof per pad vervoer kan word. DarkSide […]

Read More

So lyk ons damme

Daar is 1,8 miljoen kubieke meter vanuit Hardapdam onttrek in die afgelope week. Volgens die jongste dam bulletin van NamWater staan Hardap tans op 67,7 persent van kapasiteit. Naute by Keetmanshoop is op die oomblik net meer as 100 persent vol en Neckartal ook maar lesings in laas op 29 Maart geneem. Bronne vir die […]

Read More