Hulp nodig by veldbrand tussen Okahandja en Karibib - June 2, 2022

‘n Groot veldbrand woed op ‘n plaas tussen Okahandja en Karibib. Hulp van brandbestryders is dringend nodig om die vlamme te blus aangesien die vuur deur ‘n sterk oostewind aangevuur word. Die plaas van Jenny Radl in die Vogelsang-omgewing is sowat 40 kilometer buite Karibib in die rigting van Okahandja.  

Read More

Namibiese ekonoom gee sy mening oor die April-handelsbulletin - June 2, 2022

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die handelsbulletin vir April van die Namibiese Statistieke-agentskap. Suid-Afrika het na vore getree het as Namibië se grootste mark vir uitvoere, terwyl Botswana in die tweede posisie gekom het as die grootste bronmark vir die land. Die samestelling van die uitvoermandjie vir die maand van April het hoofsaaklik bestaan […]

Read More

Amber Heard beplan glo om te appelleer - June 2, 2022

 Die aktrise Amber Heart beplan om glo te appelleer nadat die jurie Woensdag ten gunste van haar eksman, Johnny Depp, in ‘n smerige naamskendingsaak beslis het. ‘n Jurie in Virginië het bevind Heard het Depp se naam skade berokken toe sy in 2018 ‘n meningstuk in die Washington Post geskryf het wat na haar bewerings […]

Read More

Wêreld-fietsdag fokus môre op veiligheid - June 2, 2022

Die Namibiese Padveiligheidsforum in samewerking met die Namibiese Fietsry-federasie bied ter viering van Wêreld-fietsdag môre die Cycle to Work-dag aan. Die dag moedig mense aan om met hul fietse na hul werkplekke te ry. Fietsryers kom om sewe-uur môreoggend by Maerua Super SparCycle by een Cycle to Work spring om half-agt weg. Die President van […]

Read More

Hoe gaan ‘n Amerikaanse resessie Namibië raak? - June 2, 2022

Amerika se ekonomie is op pad na ‘n resessie. Dit is volgens toenemende kommer van betroubare banke en ekonome in die VSA. Hoe sal dit die Namibiese ekonomie raak? Volgens internasionale nuusagentskappe het die VSA se ekonomie in die eerste kwartaal onverwags gekrimp het. Bank Windhoek se marknavorsing-analis, Anton Mushongo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Suid-Afrika word Namibië se grootste uitvoermark - June 2, 2022

Volgens die handelsbulletin vir April van die Namibiese Statistieke-agentskap het Suid-Afrika na vore getree het as Namibië se grootste mark vir uitvoere, terwyl Botswana in die tweede posisie gekom het as die grootste bronmark vir die land. Die samestelling van die uitvoermandjie vir die maand van April het hoofsaaklik bestaan uit minerale soos edelstene soos […]

Read More

Gaan Namibië se volgende President jonk wees? - June 2, 2022

Die kwessie van wie dr. Hage Geingob as staatshoof van die Swapo-party moet opvolg, is ‘n warm gesprekspunt. Stigtersvader en oud-president van die party, Sam Nujoma het ‘n beroep op die party gedoen om te verenig en na jongmense te kyk en hulle in partyleierskap te integreer. Politieke ontleder, dr. Phanuel Kaapama, het aan Kosmos […]

Read More

Twee-jarige seuntjie brand dood - June 2, 2022

Die tweejarige Sakaria Hangula is tragies dood nadat hy onherkenbaar verbrand het, terwyl twee mense brandwonde opgedoen het tydens ‘n brand in die Oshigambo-gebied in die Oshikoto-streek. Volgens die Oshikoto-polisiebevelvoerder, kommissaris Armas Shivute, het die brand uitgebreek het in ‘n die kamer met ‘n grasdak waar die oorledene geslaap het. Die beeseerdes is in die […]

Read More

Die Rooi Draak blaas in Taiwan se nek - June 2, 2022

China het die mag om Taiwan oor te neem, maar dit sal teen ‘n prys kom. Op sy eerste reis na Asië as Amerikaanse President verlede week, het Joe Biden sy sterkste waarskuwing nog aan Beijing gegee dat Washington daartoe verbind is om Taiwan militêr te verdedig in die geval van ‘n aanval van China. […]

Read More

SA polisiebeamptes werk in vyandige werksomgewing - June 2, 2022

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee op polisie sê ongunstige werksomstandighede het steeds ‘n negatiewe uitwerking op beamptes se dienslewering. Volgens die komitee het ‘n vyandige werksomgewing ‘n uitwerking op die psige en moraal van werknemers. ‘n Oorsig het verlede jaar aangedui meer steun is nodig vir die werknemers se gesondheids- en welstandprogram. Die komitee het ook […]

Read More