
Shiimi soek verkrygingshof - March 16, 2025
Finansminister Iipumbu Shiimi het ‘n wysiging aan die Verkrygingswet voorgestel wat vir die stigting van ‘n openbare tenderhof voorsiening maak. Dié hof sal ‘n gespesialiseerde forum wees waar verkrygingsdispute doeltreffend aangespreek kan word. Die wysigingswetsontwerp sal na verwagting in die komende maande in die parlement ter tafel gelê word.
Derduisende forensiese gevalle hoop op in SA - March 16, 2025
Die DA vra vir ‘n volledige forensiese oudit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se DNS-verwerking en forensiese laboratoriums na die onthulling van ‘n skokkende agterstand van 140 000 gevalle. Die party blammeer die verouderde toerusting, swak bestuur, en die onbehoorlike hantering van DNS-bewyse vir die vertraging van geregtigheid, veral met geslagsgebaseerde geweldsake. Ian Cameron van die […]
Gestrande ruimtevaarders kom huis toe - March 16, 2025
Die span wat die twee gestrande Amerikaanse ruimtevaarders ná meer as nege maande op die Internasionale Ruimtestasie gaan aflos, het Saterdagnag aangeland. Hul aankoms sal die terugkeer van die twee veteraanruimtevaarders van Nasa, Butch Wilmore en Suni Williams, na Florida moontlik maak. Hulle sal na verwagting nie voor Woensdag vertrek nie. Die twee sou aanvanklik […]
Marc Márquez gunsteling in MotoGP vandag - March 16, 2025
Marc Márquez het die stryd van die broers gewen toe hy Alex Marquez Saterdag in die Argentynse MotoGP-blitsren geklop het. Die sesmalige wêreldkampioen het sy droombegin in die rooi van die Ducati-span voortgesit. Ná oorwinnings in die blitsren en wedren in die seisoen van die eerste MotoGP in Thailand twee weke gelede, sal hy ‘n […]
Padfonds kort minstens N$3,8 miljard - March 16, 2025
Die Padfondsadministrasie sê die onlangse verhoging van 20c per liter in die brandstofheffing sal sowat 400 miljoen Namibiese dollar genereer. Dit is hopeloos te min, sê dié staatsonderneming. Sowat 3,8 miljard Namibiese dollar is nodig om die befondsingstekort vir padinfrastruktuur uit te wis. Die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie, Ali Ipinge, sê hulle het vir […]
Polisie slaan toe op dwelmlaboratorium in Gauteng - March 16, 2025
‘n Oorgrensoperasie tussen Wes-Kaapse georganiseerde misdaadondersoek en die dwelmhoofkantoor het gister afgekom op ‘n versteekte dwelmlaboratorium in Vanderbijlpark, Gauteng. Mandrax en dwelmvervaardigingstoerusting van meer as een miljoen rand is in beslag geneem en ‘n 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê na ‘n intensiewe ondersoek het ‘n multidissiplinêre span oor […]
Trump teiken nou reisvisums - March 16, 2025
Die Trump-administrasie oorweeg die uitreik van beperkings op reise vir die burgers van tientalle lande, volgens Reuters, wat ‘n interne memorandum aanhaal. Die memorandum noem 41 lande wat verdeel word in onderskeie groepe. Die eerste groep van tien lande, wat Afghanistan, Iran, Sirië, Kuba en Noord-Korea insluit, kan volle opskorting van visums verwag. In die tweede […]
Tennis: Alcaraz se droom aan skerwe - March 16, 2025
Jack Draper van Brittanje het Carlos Alcaraz se droom verpletter om die Indian Wells Meesters vir ‘n derde agtereenvolgende keer te wen deur gister die tweemalige verdedigende kampioen met 6-1, 0-6, 6-4 te klop en deur te dring na die eindstryd. Die wêreld se nommer 14 Draper pak vandag Holger Rune in die eindstryd nadat […]
Plaaslike owerhede, verbruikers verdrink in waterskuld - March 16, 2025
Plaaslike owerhede en verbruikers het teen die einde van Februarie vanjaar sowat 3,5 miljard Namibiese dollar se water- en elektrisiteitskuld gehad. Skuld by NamWater beloop 2,4 miljard dollar, terwyl 960 miljoen aan NamPower verskuldig is. Die kragvoorsiener moes verlede jaar 157 miljoen in slegte skuld afskryf.
SA ver agter met grondhervorming - March 16, 2025
Die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies aan die Universiteit van die Wes-Kaap sê daar is ‘n voortdurende afname in Suid-Afrika se grondhervorming. Dit wek kommer oor die regering se toewyding aan grondgeregtigheid. Die navorsing toon net 11 persent van Suid-Afrika se kommersiële landbougrond is sedert die 1990s deur grondhervorming oorgedra, baie minder as […]