
IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt - April 11, 2025
‘n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om die dooiepunt op te los. […]
Vrou skenk geboorte aan ander mense se kind ná in vitro-bevrugting - April 11, 2025
‘n Bekende Australiese vrugbaarheidskliniek het om verskoning gevra nadat die verkeerde embrio ingeplant is vir ‘n vrou wat toe geboorte geskenk het aan ‘n ander paar se baba. Monash IVF bedryf meer as 100 klinieke. Die kliniek het om privaatheidsredes nie die pare se name genoem nie, en wou ook nie sê wanneer die baba […]
Wiese se nekbesering maak deur oop vir Roos, Hanekom - April 11, 2025
Rugby: Evan Roos en Cameron Hanekom word beskou as Jasper Wiese se natuurlike opvolgers na die nuus dat ’n nekbesering die Springbok-losvoorspeler vir die res van die seisoen uit aksie sal hou. Wiese het van sy klub in Japan teruggekeer en sal ’n operasie in Suid-Afrika ondergaan. Wiese se besering maak die deur oop vir […]
Ithete fokus op jeug-werkverskaffing in Erongo mynbou - April 11, 2025
Adjunk-premier Natangwe Ithete het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiërs, veral die jeug, voordeel moet trek uit die land se natuurlike hulpbronne, spesifiek in die Erongo-streek. Hy het tydens ‘n besoek aan die streek jeugwerkloosheid en die belangrikheid daarvan om jongmense by ekonomiese geleenthede te betrek uitgesonder. Hy sê dat beleide hersien word om breër voordele […]
Toerbusse gaan verbied word in Bo-Kaap - April 11, 2025
Die Stad Kaapstad se Direktoraat Stedelike Beweeglikheid sê hy gaan groot toerbusse in Bo-Waalstraat in die Bo-Kaap verbied. Dit is busse met 36 of meer sitplekke. Sekere beperkings wat parkering betref, sal ook toegepas word. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, sê hierdie ingrypings volg nadat inwoners gekla het oor die verkeersopeenhopings wat groot […]
Engelse dieretuin vier geboorte van bedreigde apies - April 11, 2025
’n Dieretuin in Engeland het die geboorte van ’n tweeling van kritiek bedreigde katoenkop-tamaryn-apies verwelkom. Die babas, wat op 3 April gebore is, is die derde stel nakomelinge vir ouers Gurt en Mico in die Marwell-dieretuin naby Winchester in Hampshire. Die spesie word kritiek bedreig, hoofsaaklik weens ontbossing, habitatvernietiging en onwettige troeteldierhandel in Colombië. Pasgebore […]
Salah teken nuwe kontrak met Liverpool - April 11, 2025
Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het ‘n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer te laat klim. Salah sê […]
Onthou om bloed te skenk op Red Saturday! - April 11, 2025
Die Paasnaweek met sy verhoogde padongelukke is om die draai, en die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou môre sy landswye Red Saturday-veldtog om sy bloedbank aan te vul. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zita Tobin, die diens se bemarkingshoof, wat meer inligting gee.
Reën ry Tsumeb Dirt Ovals in die wiele, maar daar’s aksie in Windhoek - April 11, 2025
Die Tsumeb Dirt Ovals sal nie môre deur die Tsumeb Motorklub by die Redline Race World net buite Tsumeb plaasvind nie. Swaar reënval wat ontvang is maak die geleentheid onmoontlik, maar, die knortjorre is môre in die hoofstad in aksie. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die besonderhede.
Baanbrekende HyIron-Oshivela aanleg amptelik geopen - April 11, 2025
Namibië se baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is amptelik geopen deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit is Suider-Afrika se eerste fasiliteit wat groenwaterstof gebruik om direk verminderde yster te vervaardig en die vlagskip-projek vir die land se groenenergie-ambisies. Die aanleg was vroeër vanjaar gereed vir die bekendstelling, maar dit is vertraag deur die dood van stigterspresident […]