Cyril sê Davos was ‘n sukses
President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Wêreld Ekonomiese Forum in Switserland het getoon dat die land ‘n wonderlike beleggingsbestemming is. Hy het die media by die forum in Davos toegespreek. Suid-Afrika het sy plek ingeneem as die eerste Afrika-land wat die presidentskap van die G20 inneem. Ramaphosa sê die forum was ‘n […]
Alliansie van Sahel-state skep eie mag van 5 000
Die drie junta-beheerde lande in Afrika se Sahel-streek sal kragte saamsnoer om ‘n eenheid van 5 000 troepe te skep om die jihadistiese geweld te beveg wat die nasies al jare lank teister. Burkina Faso, Niger en Mali sal binne weke ‘n verenigde mag skep, het Niger se minister van verdediging Salifou Mody gesê. Die […]
Frankryk 2024 se top-bestemming
Sowat 1,4-miljard mense het in 2024 internasionaal gereis wat 99 persent is van dié in 2019 – die laaste volle jaar voor Covid-19 uitgebreek het. Dit is volgens die Verenigde Nasies Wêreld-toerisme-organisasie se 2024-oorsig van die jaar. Die Europese vasteland is met 747 miljoen toeriste die meeste besoek. Frankryk het die meeste besoekers ontvang met […]
Wild-kwota vir droogtehulp is halfpad ge-oes
Plaaslike media berig dat talle inwoners regoor die land steeds wag vir hulle deel van die droogtehulp vleis wat verlede jaar aangekondig is. Die regering het 723 diere uitgesit vir die doel. Volgens The Namibian is 334 diere teen die einde van 2024 geskiet – 77 blou wildebeest, 34 elande, 46 vlakte sebras, 50 impala, […]
Outa is boos oor Nsfas wat skuld op studenteverblyf
Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku teen ‘n dreigende krisis met studenteverblyf omdat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente verskaffers 44 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld. Die Vereniging vir Privaat Studentebehuising, wat 80 000 studente huisves, dreig om terugkerende studente weg te wys indien betalings nie binne twee weke gemaak word nie. Outa-woordvoerder, Rudie Heyneke, skryf dit […]
Thailand wettig gay-huwelike
Meer as 1 400 paartjies van dieselfde geslag het in Thailand getrou nadat die Wet op Huweliksgelykheid bekragtig is. Thailand is slegs die derde land in Asië wat huwelike tussen mense van dieselfde geslag wettig. Taiwan het dié stap in 2019 gedoen en Nepal in 2023. LGBT-paartjies het nou dieselfde regte as ander paartjies wat […]
Boer slim met Farmwise
’n Namibies-ontwikkelde landboubordspeletjie, Farmwise, is met die ondersteuning van Nedbank Namibia bekendgestel. Die speletjie is ontwerp om op te voed en te vermaak , en simuleer die uitdagings en belonings van boerdery, wat begrip tussen boere, arbeiders en hul gesinne bevorder. Veertig persent van die speletjie se winste sal ‘n beursfonds vir kinders van lede […]
Namcol is ‘n opsie vir swak eksamen-prestasie
Altesaam 40 757 voltydse kandidate het verlede jaar vir die Gewone Vlak nasionale eksamens geregistreer, terwyl 12 031 kandidate vir die AS-vlak geregistreer het. Dit beteken nie eens die helfte van die kandidate wat die eksamen geskryf het, het vir AS-vlak gekwalifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Freedy Kaukunjua, die kommunikasie- en bemarkingsbestuurder […]
TotalEnergies wag nog vir vrede in Cabo Delgado
TotalEnergies sê sy reuse-gasprojek in Mosambiek, wat sedert 2021 opgeskort is ná ‘n jihadistiese aanval, sal eers hervat wanneer daar weer “vrede en veiligheid” in die Cabo Delgado-streek is. Die Franse onderneming het gereageer op ‘n Financial Times-verslag waarin gesê word hy het die begin van operasies weer “vertraag” oor veiligheids- en politieke risiko’s in […]
Britse seun, 14, vas vir moord op seun, 12
‘n Veertien-jarige seun is in hegtenis geneem weens vermoedelike-moord, ná ‘n noodlottige messteek in Birmingham. Die polisie is Dinsdag ontbied nadat daar berig is ‘n 12-jarige seun is in die maag gesteek. ‘n Lid van die publiek het die seun gesien en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is hospitaal toe geneem, maar […]