VSA teiken IS in Somalië

Amerikaanse magte het lugaanvalle in Somalië uitgevoer wat ‘n senior Islamitiese Staat-leier en ander lede van die militante groep geteiken het. Die teikens was grotte waarin hulle vermoedelik geskuil het. Die aanvalle is in die Golisberge uitgevoer en ‘n aanvanklike evaluering due aan dat baie militante dood is. Die Somaliese president Hassan Sheikh Mohamud het sy dankbaarheid uitspreek vir die onwrikbare ondersteuning van die Verenigde State in hulle gedeelde stryd teen terrorisme.