Vlugramp: Black Hawk was te hoog
Ondersoekers van die Nasionale Vervoerveiligheidsraad in die VSA het vasgestel die straler wat in Woensdagaand se vlugramp teen ‘n Black Hawk-helikopter gebots het was op 325 voet ten tyde van die impak. Die helikopter was blykbaar bo 200 voet, die maksimum hoogte wat toelaatbaar is vir die roete wat hy gebruik het. Die toring het die helikopter sowat twee minute voor die ongeluk gewaarsku oor die teenwoordigheid van die straler en volgens die vlugopnemer van die straler is ‘n outomatiese radio waarskuwing, ‘traffic, traffic, traffic’ uitgesaai en dan kan die botsing gehoor word.