Stadsaalvergadering weer op 23 November in Windhoek - November 6, 2022

Die Namibiese Presidensie het aangekondig dat die Stadsaalvergaderings wat tydens die Covid-pandemie onderbreek is, weer sal voortduur. Daar sal vanjaar net een Stadsaalvergadering in Windhoek op 23 November om nege-uur die oggend in die hoofstad plaasvind waartydens Namibiese burgers die geleentheid kry om terugvoering oor kwessies uit al 14 streke te gee. Die presidensie het […]

Read More

DA veroordeel regering se gesamentlike militêre oefening met Rusland - November 6, 2022

Die DA het die regering se optrede en verdedigingsprioriteite sterk veroordeel. Die party sê dit beeld Suid-Afrika uit as ‘n land wat die kant kies van Russiese oorlogsmisdadigers. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het onlangs gesamentlike militêre oefeninge met China en Rusland in Durban uitgevoer. Kobus Marais van die DA sê die land het ‘n nuwe […]

Read More

Zimbabwiese President vra vir beleggings - November 6, 2022

Zimbabwe se President Emerson Mnangagwa doen ‘n beroep op beleggers om die land se reuse-beleggingsmoontlikhede aan te gryp en negatiewe persepsies oor risiko’s te laat vaar. Mnangagwa was ‘n gasspreker by die Africa Investment Forum Market Days-byeenkoms in Abidjan, Ivoorkus. Zimbabwe, wat voor 2000 ‘n selfonderhoudende voedselprodusent was en ‘n belangrike uitvoerder van koring, tabak […]

Read More

Gesteelde medalje ná jare met magneet op rivierbodem gevind - November 6, 2022

‘n Afgetrede Britse polisiebeampte het geglo sy gesteelde medalje vir uitmuntende diens, wat die Northamptonshire-polisie ná 32 jaar se diens aan hom gegee het met sy aftrede 28 jaar gelede, is vir altyd verlore. Inbrekers het die 82-jarige Geoffrey Barron se kosbare medalje gesteel. ‘n Man wat ‘n groot magneet gebruik om riviere mee skoon […]

Read More

Inbreker skiet vrou twee keer met haelgeweer - November 6, 2022

‘n Vrou is in ‘n hospitaal in Windhoek opgeneem nadat sy glo twee keer deur ‘n inbreker met ‘n haelgewer geskiet is. Volgens die Namibiese polisie het ‘n man by die 32-jarige Hilya Fanuel se sinkhuis in die Havana-woonburt in die hoofstad ingebreek en haar geskiet. Sy het uitgehardloop, maar die inbreker het haar agtervolg […]

Read More

DA het steeds vrae oor skrapping van e-tolstelsel - November 6, 2022

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se nuuskonferensie oor hoe die skrapping van die e-tolstelsel toegepas gaan word, laat te veel onbeantwoorde vrae. Fred Nel van die DA sê dit beteken e-tol is vir eers hier om te bly. Nel voeg by die vraag oor hoe die provinsiale regering bykomende inkomste gaan skep […]

Read More

Iran erken hy het hommeltuie aan Rusland verskaf, maar voor oorlog - November 6, 2022

Iran het die eerste keer erken hy het hommeltuie aan Moskou verskaf, maar bygevoeg dit is gestuur voor die oorlog met die Oekraïne. Rusland het hommeltuie gebruik om kragstasies en ander burgerlike infrastruktuur in die Oekraïne te teiken. Hossein Amirabdollahian, minister van buitelandse sake van Iran, sê hulle het ‘n paar maande voor die Russiese […]

Read More

Rugby: Iere steeds bo-aan Wêreldranglys - November 6, 2022

Rugby: Ierland het die Springbokke wéér geklop. Die telling in Dublin was 19-16, nadat die rustydtelling ses-elk was. Franco Mostert en Kurt-Lee Arendse het die besoekers se drieë aangeteken. Met dié oorwinning het Ierland sy tien jaar onoorwonne status in tuiswedstryde teen die Bokke behou. Hulle is steeds bo-aan die Wêreldranglys, terwyl die Springbokke tot […]

Read More

Landboukenner gee redes vir daling in veeslagtings - November 6, 2022

‘n Namibiese landboukenner gee die twee hoofredes waarom plaaslike veeslagtings op ‘n afwaartse neiging sedert April 2022 bly, met beesslagting wat met 23,8 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem het. Die slagting van skape het met 14 persent in September 2022 afgeneem, dié van bokke met 96 persent en varke met 2,9 persent. Wallie Roux deel […]

Read More

Geskorste openbare beskermer word dalk uit haar huis gesmyt - November 6, 2022

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busi Mkwebane, staar glo uitsetting uit haar huis in die eksklusiewe Bryntirion-ministeriële landgoed in Tshwane in die gesig. Daar word beraam Mkhwebane het die kantoor van die Openbare Beskermer sowat vier miljoen Suid-Afrikaanse rand laat betaal vir haar persoonlike huisvesting, ondanks die feit dat sy in haar eie […]

Read More