
Passasiersvliegtuig val in Victoriameer - November 6, 2022
‘n Passasiersvliegtuig het vandag in die Victoriameer in Tanzanië neergestort terwyl dit in stormweer op ‘n lughawe in Bukoba probeer land het. Die vliegtuig het in die hoofstad Dar es Salaam opgestyg. Volgens Tanzaniese media is 15 mense tot dusver gered, maar dit is onbekend hoeveel passasiers op die Precision Air-vlug was en of daar […]
Inlyn-hokkie: Namibiese junior vroue in eindstryd by Wêreldskaatsspele - November 6, 2022
Die Namibiese junior hokkievroue kan vanaand die Namibiese vlag hoog in die internasionale arena laat wapper. Hulle speel om agt-uur Namibiese tyd in die eindstryd teen Amerika by die Wêreldskaatsspele 2022 se inlynhokkie-kampioenskap in Buenos Aires, Argentinië. Die Namibiese junior vrouespan het die gasheerspan in die halfeindstryd met 8-1 geklop. Namibië is ‘n gunsteling vir […]
Twee kontrakteurs kry tender om sand van paaie by Lüderitz en Oranjemund te verwyder - November 6, 2022
Die Paaie-owerheid van Namibië het sewe maande ná die sluiting van die tender vir padwerke en die verwydering van sand vanaf die paaie by Lüderitz en Oranjemund, die kontrak aan twee kontrakteurs toegeken. Net twee uit die 33 tenderaars se tenders is goedgekeur. Volgens die Tender Bulletin is die tender vir afdeling een ter waarde […]
Ouers moet kinders se internetgebruik dophou - November 6, 2022
Die minister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Lindiwe Sizulu, maan ouers en primêre versorgers om wakker te wees en deurentyd hule kinders se gebruik van die internet en sosiale mediaplatforms te monitor. Bevindings van die Disrupting Harm-peiling in Suid-Afrika toon tussen sewe en nege persent van kinders tussen nege en 17 jaar wat die […]
Meer as 7,5 ton gesmokkelde renosterhoring in 10 jaar gekonfiskeer - November 6, 2022
Die onwettige handel in renosterhoring bly ‘n ernstige probleem wat met ‘n nuwe dringendheid getakel moet word as georganiseerde oorgrensmisdaad. Oor die afgelope 10 jaar het die stropery van renosters en smokkelary van hul horings gegroei as ‘n wêreldwye kriminele onderneming, volgens Wildlife Justice. Meer as 7,5 ton renosterhorings is wêreldwyd gedurende die afgelope 10 […]
Blitsbokke uit Hongkong Sewes geboender - November 6, 2022
Rugby: Die Blitsbokke is uit die Hongkong Sewes-toernooi geboender na hulle vanoggend met 12-7 teen Fidji in die Beker-kwarteindronde die spit afgebyt het. Die Suid-Afrikaners het tweede in Groep B geëindig na hulle met 12-10 teen Engeland en 19-17 teen Frankryk verloor het. Daar is nog meer sout in die Springbok Sewes se wonde gevryf […]
Wambugu-appelprojek in Namibië bekend gestel - November 6, 2022
Meer as 100 belangstellendes het opleiding oor appel-produksie by die Habitat-navorsingsentrum in Katutura in die hoofstad bygewoon. Die opleiding is gereël deur die Son-ontwikkelingsprogram, bestuur deur Jessy Katjimune, in vennootskap met die Khomas-streeksraad en die Wambugu-appelprojek uit Kenia. Khomas-goewerneur Laura McLeod-Katjirua het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om betrokke te raak by appel-produksie, beide as […]
ActionSA: Sanral se skuld styg weens e-tolstelsel - November 6, 2022
ActionSA in Gauteng sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se skuld het aansienlik gegroei, veral omdat hy die tender van ses miljard Suid-Afrikaanse rand van die operateur van die e-tolstelsel moes betaal, met weinig tot geen nut. Die party is bekommerd oor verdere vertragings in die beëindiging van die skema wat tot verdere verwarring by Gauteng […]
VN se Voedsel- en Landou-organisasie sluit ooreenkoms met Oekraïne - November 6, 2022
Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het ‘n ooreenkoms met die regering van Oekraïne gesluit. Hy gaan ‘n projekkantoor skep wat die verskaffing van tegniese en humanitêre hulp aan die kwesbaarste gemeenskappe, veral in plattelandse gebiede, uitbrei. Die VN het sy bedrywighede daar opgeskerp sedert die oorlog in Oekraïne in Februarie uitgebreek het. ‘n Woordvoerder […]
Delhra: Toeriste moenie te naby aan wilde diere kom - November 6, 2022
Dit is al dikwels berig dat toeriste te naby aan wilde diere kom en paniek onder die diere veroorsaak. Ná ‘n plasing op sosiale media van Twyfelfontein Country Lodge wat wys hoe ‘n olifantkoei haar kalfie wat kort na geboorte dood is, saam met haar dra, word die blaam weer voor die deur van toeriste […]