
Aantygings dat nog renosterhorings by polisie verdwyn het - November 7, 2022
Plaaslike berigte lui dat nog renosterhorings wat in die polisie se besit was, verdwyn het. Die aantygings kom na sersant Salatiel Simon van die beskermdebronne-eenheid op Otjiwarongo, aangekla is dat hy ‘n renosterhoring gesteel het en in Angola gaan smous het. Van Simon se kollegas sê dat twee horings op Oshakati verdwyn het. Luidens die aantygings het een in […]
Geen data om volgende vlaag van Covid te bepaal nie - November 7, 2022
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes kon geen data vind om te bewys Suid-Afrika is op pad na ‘n sesde vlaag Covid-19 nie. Die epidemioloog Sibongile Walaza sê data bly onvoldoende omdat toetskoerse beduidend afgeneem het. Sy sê selfs al het gevalle in sekere gebiede gestyg, is daar geen rede tot paniek nie:
Honderde olifante vrek in Kenia weens droogte - November 7, 2022
Meer as 200 olifante in Kenia is reeds sedert Februarie dood, weens ‘n voortslepende droogte. Die land se minister van Toerisme, Peninah Malonza, sê Kenia gaan gebuk onder die ergste droogte in 40 jaar. Malonza sê ander wildsoorte, insluitend honderde zebras, 50 wildebeeste en 12 kameelperde het weens ‘n tekort aan weiding en water gevrek. Kenia se weerdiens het ondergemiddelde reënval vir die […]
Ngcobo betreur powere Blitsbok-vertoning - November 7, 2022
Die Springbok-sewes se afrigter, Sandile Ngcobo, het erken die span het nie die naweek in Hongkong sy beste gelewer nie. Suid-Afrika kon net een van hulle vyf wedstryde wen. Australië is as kampioene gekroon nadat hulle Fidji met 20-17 verslaan en daarmee dié span se oorheersing beëindig het nadat hulle die laaste vyf titels in […]
Tender vir gloeilampe by Katutura-hospitaal bevraagteken - November 7, 2022
‘n Tender vir ligte vir die Katutura-hospitaal het wenkbroue laat lig. Die gesondheidsministerie vra die 34 items, almal gloeilampe vir verskeie sale tot en met 134 eenhede. Daar was 43 tenderaansoeke ingedien waarvan net nege van maatskappye wat tegnies van toepassing is, ontvang is. Die res is almal sogenaamde investment- of trading-maatskappye. Die koste van die ligte beloop vanaf net minder as […]
Grondwaterkonferensie in die hoofstad - November 7, 2022
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Grondwaterbestuurs-instituut in samewerking met Namibiese landbouministerie en ander streeks- en internasionale vennote sal die vyfde SAOG Grondwaterkonferensie vanaf 16 tot 18 November in Windhoek aanbied. Die tema is “Groundwater: Making the Invisible Visible for Socio-Economic Development”. Die landbouministerie se woordvoerder Jona Musheko sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die Grondwaterkonferensie belangrik is.
R780 000 op 20 donkiekarre in Noordwes - November 7, 2022
Noordwes se Departement van Gemeenskapsveiligheid het onder skoot gekom nadat 780 000 Suid-Afrikaanse rand aan 20 donkiekarre bestee is om aan inwoners van distrikte by Mahikeng te gee. Die donkiekarre word volgens berigte gebruik om siekes kliniek toe, leerders skool toe en bejaardes op pensioendae na betaalpunte te vervoer. Die departement sê die karre is aangeskaf om uitdagings in landelike gebiede […]
Sri Lakaanse kolwer van seksuele aanranding in Australië aangekla - November 7, 2022
Die Sri Lankaanse kolwer Danushka Gunathilaka word in Sydney, Australië aangekla van vier voorvalle van seksuele aanranding. Die 31-jarige speler is gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, enkele ure ná Sri Lanka se laaste wedstryd Saterdag in die T20-wêreldbeker, wat hulle met vier paaltjies teen Engeland verloor het. ‘n Polisiespeurder van Nieu-Suid-Wallis, Jayne Doherty, sê Gunathilaka en ‘n 29-jarige […]
Ondersoek na aanlynplatforms in SA eers volgende jaar bekend - November 7, 2022
Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika sê die finale verslag oor aanlynmarkplatforms gaan in Februarie volgende jaar bekendgestel word. Dit volg na die handelsminister, Ebrahim Patel, uitstel van drie maande gegee het. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê die uitstel is verlede week in die Staatskoerant afgekondig, en neem een maand in ag weens die Desembervakansie vir die meeste sakeondernemings:
Smit sê premier het nie kommer oor skole en water nie, net verkiesings - November 7, 2022
Tydens die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila se besoek aan die Omusati-streek, het die onderwysdirekteur, Benny Eiseb, die uitdagings van skole in die streek aan haar geopper. Hy sê vir die afgelope twee maande is skole sonder skoon water en het die onderwysdirektoraat uitstaande fakture van meer as 20 miljoen Namibiese dollar vir water, elektrisiteit, […]