Castle Lite T20 Franchise-toernooi bring naelbyt-aksie
Die Castle Lite T20 Franchise-toernooi, Namibië se voorste plaaslike krieketkompetisie, is tot 24 November by die Trustco United-sportklub aan die gang. In die heel eerste wedstryd vanmiddag het die Green Windhoek Jets die N/a’ankusê Lions met 5 lopies geklop. Die toernooi span die land se topspelers in saam met opkomende jeugtalent, wat hulle waardevolle blootstelling […]
Verkiesingskommissie ‘het fouteer met spesiale stemme’
Die spesiale stemme in die verkiesing is Woensdag uitgebring, waarna die Namibië Verkiesingskommissie die voorlopige resultate bekend gemaak het. Dit sluit in al die stemlokale in die buiteland asook ter plaatse, waar personeel van die sekuriteitskluster en seegaande werkers gestem het. Gewoonlik word al die resultate eers na afloop van die hele stemproses aangekondig. Die […]
Onderwys in krisis, het hulp nodig: LPM
Die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, het die belangrikheid van hoë inskrywingsyfers vir die bereiking van universele onderwys, die vermindering van armoede en die bou van ‘n geskoolde arbeidsmag beklemtoon. Sy het egter voortdurende uitdagings in skool-toeganklikheid en leerder-behoud uitgewys wat dringende ingryping nodig het om nasionale doelwitte in jeugbemagtiging, geletterdheid en ekonomiese groei […]
LWV verduidelik oor bonusse vir plaaswerkers
Die Landbouwerkgewersvereniging deel dat die betaling van jaarlikse bonusse, hoewel nie deur die Arbeidswet voorgeskryf nie, algemeen is in die landbousektor. Volgens die LWV Loonopgawe van 2024 betaal 92% van NLU-lede jaarlikse bonusse, met die “13de tjek” die mees algemene. Hierdie bonus, gelyk aan een maand se salaris, word ná 12 maande diens betaal. As […]
Demshi, Africa Online gaan veselkonnektiwiteit uitbrei
Demshi Investment Holdings en Africa Online het ‘n meester-diensooreenkoms aangegaan om saam te werk aan die uitbreiding van veselkonnektiwiteit in Namibië. Onder die bepalings van die ooreenkoms sal Africa Online veselinfrastruktuur van Demshi huur om vesel-internetdienste aan sy kliënte te verskaf. Demshi-stigter en besturende direkteur, Werner Shilunga, sê die Demshi-veselnetwerk in Walvisbaai, Swakopmund en Khomasdal […]
BIG-koalisie hou ‘star rally’ in hoofstad
Die Basic Income Grant-koalisie van Namibië sal môre ‘n universele basiese inkomstetoelaag byeenkoms in die hoofstad hou om te pleit vir so ‘n inkomstetoelaag, die voordele daarvan bo voorwaardelike toelaes duidelik te maak, en om op politieke aanspreeklikheid aan te dring. Die doel is om armoede, werkloosheid en inkomste-ongelykheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus […]
Gemeenskappe moet zama-zama’s help bekamp
Die Suid-Afrikaanse regering moedig gemeenskappe aan om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk as deel van die nasionale poging om onwettige mynbedrywighede te bekamp. Sowat vier-duisend onwettige mynwerkers weier om uit ʼn ongebruikte mynskag by Stilfontein in Noordwes te kom. Die regering sê onwettige mynbedrywige is ʼn misdaad en oortreding van Suid-Afrikaanse wette. Dis ook deel […]
Trump sal minimale inloed hê op klimaatstryd: Al Gore
Die voormalige Amerikaanse visepresident, Al Gore, glo Donald Trump se tweede termyn in die Withuis sal ‘n minimale uitwerking op die wêreld se stryd teen klimaatsverandering hê. Trump het met sy terugkeer beloof om die Verenigde State ‘n tweede keer van die Paryse Ooreenkoms te verwyder, en dus hierdie week ‘n skadu oor die Verenigde […]
Rassie verduidelik 5/3 bank-verdeling teen Engeland
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê die terugkeer na die tradisionele verdeling van vyf voorspelers en drie agterspelers op die bank is gemik op die uitdagings wat Engeland na verwagting môre op Twickenham gaan bied. Daar is 12 veranderings aan Suid-Afrika se opdrafspan wat Skotland verlede naweek verslaan het. Slegs Eben Etzebeth, Ox Nché en […]
Padveligheid is elkeen se plig: NamPol
Die Namibiese Polisiemag loods vandag ‘n Nasionale Padveiligheidsveldtog in Tsumeb, voor die feesseisoen. Met toenemende ongelukke en misdaad gedurende hierdie tydperk, word die publiek versoek om voorsorgmaatreëls te tref om hul veiligheid te verseker. Van 1 Januarie tot 10 November vanjaar is 2 659 ongelukke aangemeld, wat gelei het tot 4 864 beserings en 354 […]