RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag

Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, sê Robert F Kennedy Junior gaan ongelooflike goed regkry as die nuwe minister van Gesondheid. Die voormalige Demokraat was ook in die wedloop as ʼn onafhanklike presidentskandidaat maar het onttrek om Trump te ondersteun. Trump het hom in ruil daarvoor ʼn belangrike rol aangebied. Kennedy is ʼn bekende entstof-skeptikus […]

Read More

Dronkbestuur, vervalste lisensies gee Copps 94.1-span werk

Die Copps 94.1-span was in Swakopmund op patrollie saam met polisielede en het ‘n interessante aand gehad. Dit is volgens Francois Lottering wat daar was, en hy doen verslag oor dronkbestuur en padveiligheid kwessies.

Read More

Agribank bied gratis aanlyn opleiding vir boere

In ‘n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank ‘n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om hul vaardighede en kennis te […]

Read More

AA voorspel effens laer SA petrolpryse in Desember

Die Outomobiel Assosiasie sê Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember ‘n mengelmoes in brandstofprysaanpassings verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê huidige ongeouditeerde data vanaf die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in petrolpryse, met aansienlike stygings in diesel- en lampoliepryse. Sy sê volgens afleidings van die data sal die prys van loodvrye 95-oktaan-petrol met […]

Read More

Hamas sê hy’s gereed vir skietstilstand in Gaza

Bassem Naim, lid van Hamas se politieke buro, het aan AFP gesê Hamas is gereed om ‘n wapenstilstand in die Gazastrook te bereik as ‘n wapenstilstandsvoorstel voorgelê word en op voorwaarde dat dit deur Israel gerespekteer word. “Ons doen ‘n beroep op die Amerikaanse administrasie en Trump om druk op die Israeliese regering te plaas […]

Read More

Tim Southee gaan uit toetskrieket tree

Krieket: Die Nieu-Seelandse snelbouler, Tim Southee, gaan uit toetskrieket tree aan die einde van volgende maand se reeks van drie wedstryde teen Engeland. Die 35-jarige het 102 toetse gespeel en 385 paaltjies geneem – die tweede meeste vir Nieu-Seeland naas Richard Hadlee. Hy het in vier een-dag-internasionale Wêreldbekertoernooie gespeel, sewe T20-Wêreldbekertoernooie en twee Kampioenskapstrofee-toernooie. Southee […]

Read More

Lüderitz wag vir geld om haglike enkelkwartiere op te knap

Inwoners van Lüderitz se enkelkwartiere verduur swak lewensomstandighede, insluitend nie-funksionele toilette, wat hulle dwing om tydelike sanitasie-metodes in te span. Dit skep gesondheidsrisiko’s, veral vir die kinders wat daar woon. Ten spyte van pogings om die plaaslike raad te betrek, het die burgemeester se kantoor nog nie gereageer nie. Burgemeester Phil Balhao het die kwessie […]

Read More

SA mynproduksie styg 4,7% in September

Statistieke Suid-Afrika het ʼn jaar-tot-jaar-verhoging van 4,7-persent in mynbouproduksie vir September aangekondig, op die rug van sterk vertonings deur metale in die platinumgroep, ystererts en mangaan. Steenkool en goud het egter gedaal. Mineraalverkope het ook met 8-persent toegeneem met goud en mangaan aan die voorpunt, terwyl die platinum-groep metale ‘n daling getoon het. Juan-Pierre Terblanche […]

Read More

Sweedse minister doodbang vir piesangs

’n Sweedse minister is so bang vir piesangs dat regeringsamptenare glo moes vra dat alle kamers tydens amptelike besoeke piesang-vry moet wees. Sweedse media-titel Expressen het aangehaal uit uitgelekte e-posse wat hy gesien het, waarin personeel wat vir geslagsgelykheid-minister Paulina Brandberg werk, vra dat enige piesangs voor amptelike besoeke verwyder word. Brandberg het glo in […]

Read More

SA, Indië meet kragte in laaste T20

Krieket: Suid-Afrika en Indië meet kragte in die vierde en laaste T20 op die Wanderers in Johannesburg. Die besoekers loop met 2-1 voor in die reeks nadat hulle die eerste kragmeting in Durban en die derde in Centurion gewen het terwyl die gashere die botoon gevoer het in die tweede wedstryd in Gqeberha. Na die […]

Read More