Namibië vier môre Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid by die Werk
Die Wêrelddag vir Veiligheid en Gesondheid by die Werk word elke jaar op 28 April herdenk en het ten doel om beroepsongelukke en -siektes te voorkom. Hierdie dag is deur die Internasionale Arbeidsorganisasie verklaar om te fokus op die voorkoming van beroepsongelukke en -siektes wêreldwyd. Volgens die adjunk-direkteur van beroepsveiligheid en -gesondheid in die Namibiese […]
Mediese personeel van Helen Joseph-hospitaal kry nie April-salarisse
Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om April se salarisse aan 91 dokters en verpleegkundiges van die Helen Joseph-hospitaal te betaal. Dit het gebeur ten spyte van die bykomende las weens Covid-gevalle en pasiënte wat verskuif is vanaf die brand-beskadigde Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal. Die DA-lid Jack Bloom sê volgens die hospitaal […]
Suid-Afrikaners is vatbaar vir kubermisdaad
Suid-Afrika is sesde in die wêreld met 52 slagoffers van kubermisdaad per een miljoen internetgebruikers. Dit is volgens ‘n 2021 kuberveiligheids-navorsingsverslag wat bevind het Suid-Afrikaners is vatbaar vir hierdie misdade. Volgens ‘n navorser van Surfshark, Povilas Junas, is kuberkraking steeds die nommer een-kubermisdaad wat talle slagoffers raak.
NSA: Só lyk Namibië se invoermandjie
Namibië se invoermandjie bestaan volgens die Namibiese Handel Statistieke-bulletin van die Namibiese Statistieke Agentskap hoofsaaklik uit petroleum-olies, toerusting vir siviele ingenieurswese en kontrakteurs, edelstene soos diamante, asook motorvoertuie vir die vervoer van goedere.
Nóg ‘n brand in die DRC informele nedersetting in Swakopmund
‘n Brand wat vanoggend in die DRC informele nedersetting op Swakopmund uitgebreek het, het vier groot sinkhuise vernietig. Die sekuriteitsmaatskappy, Omambudu, was eerste op die toneel en kon daarin geslaag om die brand onder bedwang te bring. Die Namibian Marshall Rangers het ook opgedaag en hull bygestaan tot die brandweer van Swakopmund opgedaag het. Sean […]
NSA: Handel beloop N$15 miljard in Maart
In Maart 2022 het Namibië se totale handel 15 miljard Namibiese dollar beloop, ‘n afname van 12,5 persent in vergelyking met die 17,1 miljard dollar wat in Februarie 2022 aangeteken is, en ‘n toename van 22 persent in vergelyking met die 12,3 miljard dollar aangeteken in Maart 2021. Volgens die Namibiese Handel Statistieke-bulletin van die Namibiese […]
Kaapstad oorhandig nog 19 titelaktes in Khayelitsha
Die Departement van Menslike Nedersettings in Kaapstad het 19 titelaktes aan begunstigdes in Harare in Khayelitsha oorhandig. Daar is dus vanjaar reeds 84 titelaktes aan begunstigdes gegee. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die oorhandigingseremonie saam met raadslid Malusi Booi en ander amptenare gelei. Hill-Lewis het die gemeenskap verseker die stad bly daartoe verbind om te verseker mense kry toegang tot die eiendomsmark […]
Voedseltekorte: Moenie van een party ‘n sondebok maak nie
Die aantal mense wat honger in die gesig staar, het verlede jaar tot 193 miljoen gestyg namate konflik, klimaatsverandering en ekonomiese krisisse mense se lewensbestaan verwoes het. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê dit is nie net die konflik in Oos-Europa nie – byna 40 miljoen meer mense is in 2021 in “akute voedselonsekerheid” […]
NamRA sê oor sukses van vorige amnestie
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het in die laaste boekjaar meer as 60,5 miljard Namibiese dollar ingevorder. Hy het 49,4 miljard dollar geteiken. Volgens die uitslae van sy elektroniese belastingverligtingsprogram, wat op 31 Januarie tot ‘n einde gekom het, het NamRA meer as 11 miljoen dollar in boetes laat vaar, met net minder as 47 500 […]
Landbou: Gebruik bepaalde oppervlak vir sonkrag en vir produksie
‘n Verteenwoordiger van die Stigting vir Hernubare Energieoplossings vir Afrika, Paulo Cutrone, sê voedsel-, water- en energiesekerheid, en werksgeleenthede is verstrengel in Suider-Afrika, maar agrivoltaïese metodes kan ‘n oplossing bied. Agrivoltaïsme beteken dat ‘n bepaalde oppervlak gebruik word vir sonkrag én landbou-produksie. Cutrone sê die infrastruktuur wat verband hou met agrivoltaïsme maak dit ook moontlik […]