Kommer oor toenemende werkloosheid in SA - November 29, 2022

Die groep, Assembly for the Unemployed het hul kommer uitgespreek oor werkloosheid in Suid-Afrika. Statistiek SA gaan vandag die werkloosheidsyfer bekendmaak, en die organisasie betreur die uitdagings wat veral werklose jeug moet trotseer. Ayanda Kota van die organisasie het ook die beroep op ‘n basiese inkomste-toelae herhaal: 

Read More

Aappokke is nou mpox - November 29, 2022

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het aangekondig aappokke sal nou bekendstaan as mpox. Die organisasie sê die ou naam sal vir ‘n jaar saam met die nuwe een gebruik word voor dit heeltemal uitfaseer word. Die WGO sê die woord mpox kan ook in ander tale gebruik word. Dit volg na klagtes dat rassistiese en stigmatiserende taal aan […]

Read More

Tiger onttrek uit Hero-uitdaging, voet is seer - November 29, 2022

Die 15-malige major-wenner Tiger Woods het weens ‘n voetbesering aan volgende maand se Hero World Challenge in die Bahamas onttrek. Die 46-jarige Woods sê hy het plantar fasciitis in sy regtervoet ontwikkel wat dit moeilik maak om te loop. Woods het die kompetisie, wat bydra tot sy stigting, tussen 2001 en 2011 vyf keer gewen. Die Amerikaner sê hy is steeds voornemens om op […]

Read More

Familie, aborsie en babastorting onder die loep - November 29, 2022

Die derde jaarlikse Namibiese Gesinskonferensie vir 2022 vind binnekort plaas. Die geleentheid gaan vanjaar op 10 Desember by Footsteps Ministry in Windhoek plaasvind. Vanjaar se konferensie gaan oor die tema, “Healing of the Nation from Abortion and Baby Dumping”. Sasha Louw van Conserve Namibia deel internasionale aborsie-statistieke en verduidelik waarom hierdie konferensie van groot belang is om lewens te red.  Sy sê die konferensie sal kyk na alternatiewe vir vroue wat aborsies gehad het […]

Read More

Sossus lugtreinplanne ontspoor - November 29, 2022

Die beplande lugtrein by Sossusvlei blyk om te ontspoor het. Die omgewingsministerie het ‘n konsessie aan Sky Eye Tours and Hospitality gegee om die trein by Sossus op te rig en te bedryf, mits die Erfenisraad en Namibia Wildlife Resorts geen besware het nie. Die maatskappy moet ook ‘n omgewingsklaring-sertifikaat hê en dat die NWR […]

Read More

Tucna is ook boos oor regstellende aksie-aanpassings - November 29, 2022

Die Namibiese vakbondkongres is nes die Namibiese Werkgewersfederasie, NEF, geskok om uit te vind dat veranderinge aan die Wet op Regstellende Aksie van 1998 aangebring is en reeds sonder behoorlike konsultasie met die werkgewers in werking gestel is. Die veranderinge is in verband met die Wet op Diensbillikheid en die drempel wat die aantal werknemers […]

Read More

Kavango-boer stoei voort in die hof teen ReconAfrica - November 29, 2022

‘n Boer in die omgewing van ReconAfria se eksplorasiegebied se hofsaak teen die olie-reus duur vandag voort voor regter Eileen Rakow. Andreas Sinonge beweer dat Recon grond vir boorwerk skoongemaak het sonder om hom behoorlik te raadpleeg of te vergoed. Die regsgeding beweer dat ReconAfrica nie die nodige toestemming, ingevolge die wetgewing gekry het nie. Sinonge het reeds ‘n klein oorwinning in die saak gehad omdat Recon nie ‘n aansoek kon bring om Sinonge se saak heeltemal […]

Read More

Trump het uiters swak oordeel getoon, sê Pence - November 29, 2022

Oud-president Donald Trump se ete met Kanye West en die verregse wit-aktivis Nick Fuentes lok groot kritiek in die VSA uit. Die drie het by Mar-A-Lago middagete geniet en daar het West ook sy presidensiële veldtog vir 2024 bekendgestel. Trump se vise-president Mike Pence, is van mening dat is uiters swak oordeel van Trump was, […]

Read More

Putin gebruik winter as oorlogswapen – Navo - November 29, 2022

Russiese President Vladimir Putin gebruik die winter in die Oekraïne as ‘n oorlogswapen. Dit is die mening van die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg. Hy het voor ‘n vergadering van Navo-ministers van buitelandse sake in Boekarest gepraat. Hy sê nog aanvalle is die week op pad en dat hy verwag dat die behoefte om Oekraïne […]

Read More

Oshana-polisie verskerp gereedheid vir feestyd - November 29, 2022

Die Namibiese polisie in die Oshana-streek het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees vir verdagte bewegings en mense by outomatiese tellermasjiene of wanneer hulle uit ‘n handelsbank kom nadat hulle groot bedrae geld onttrek het. Die Oshana-streek gaan volgens berigte gebuk onder misdaad met ‘n beraamde 1 800 gevalle wat in 90 dae aangemeld […]

Read More