
Meatco vernuwe sy ‘bully beef’, so ons voer 1 100 ton in - November 2, 2022
Met die nuus dat Namibië 1 700 metrieke ton verwerkte vleis invoer waarvan amper 70 persent geblikte beesvleis is, het die vraag ontstaan wat het van Meatco se geliefde bully beef geword. Sedert die 1980s het die abattoir die Eloolo, Texan en Ranch handelsmerke vervaardig. Meatco se woordvoerder Rosa Hamukuaja-Thobias sê die produkreeks word vernuwe […]
Volksmoord-reparasies: Dit gaan oor wat die gemeenskappe toekom - November 2, 2022
Die adjunkpresident van Namibië, Nangolo Mbumba, sê die regering sal weer met hul Duitse eweknieë vergader om die herstelbetaling van 18 miljard Namibiese dollar te hersien omdat nie alle gemeenskappe tevrede is met die onderhandelinge nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr Hoze Riruako, ‘n politieke ontleder, gepraat oor of die regering of dit ‘n […]
AS-matrikulante kry voordele by Unam in ’23 - November 2, 2022
Unam het te kenne gegee dat sogenaamde AS-matrikulante verskeie voordele by die universiteit sal geniet, ongeag die kursus waarvoor daar ingeskryf word. Aanlynregistrasie is gratis en net 150 Namibiese dollar vir die studente-unie is betaalbaar. Unam sê verder dat die studente prioriteitsbehuising ontvang met voorkeurtoelating vir akkommodasie op kampus. Daar is ook ‘n 10 persent korting op klasgelde vir die 2023-akademiese […]
Europa se oorlog: Dis soos die Hereros van Aminuis val die van Omatjete aan - November 2, 2022
Winter in die noordelike halfrond is op pad en dit is onduidelik wat van die oorlog in Oos-Europa sal word met swaar sneeu-neerslae en uiters koue weer. Beide Rusland en Oekraïne is natuurlik goed gewoond aan oorlog voer en in die dae van die Sowjet-unie het hulle saam die Nazi’s oorwin en so ook teen […]
Van Durban se strande maak oop vir die publiek na E. coli uitdagings - November 2, 2022
Die eThekwini-munisipaliteit het nog strande heropen ná die watergehalte verbeter het. Die besluit om hierdie strande oop te stel is geneem nadat onlangse watertoetse wat deur kenners gedoen is, bevestig het die strandwater het ‘n aanvaarbare vlak vir ontspannings-bedrywghede bereik. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê verskeie strande is oopgestel vir swem:
Dausab vra publiek om te help om ou wette te identifiseer - November 2, 2022
Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, vra lede van die publiek om te help met die identifisering van verouderde en uitgediende apartheidswette wat steeds in die land in werking is. Dausab het lede van die parlement gevra om die Regshervormings- en Ontwikkelingskommissie se pogings, wat daarop gemik is om uitgediende en onnodige diskriminerende en […]
Sal e-tol gelde terugbetaal word? - November 2, 2022
Tolhekke blyk om oral in die nuus te wees. Vanuit Suid-Afrika berig Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent Fritz Platt dat met die onlangse aankondiging deur die Suid Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, dat tolhek-fooie in Gauteng geskrap is wonder baie inwoners daar of hul geld, wat hulle al jare lank aan e-tol-fooie spandeer het, terugbetaal […]
Rishi baklei hard terug in die parlement, Arbeid looi hom - November 2, 2022
Dis vra en antwoord tyd vir die eerste minister in die Britse parlement en die premier Rishi Sunak loop deur onder vrae van die Arbeidersparty maar, hy baklei goed terug. Sunak het so gereageer na die Arbeiderparty se LP Chris Bryant hom gevra het hoe op dees aarde die Tories na 12 jaar so gemors […]
Dida, koningin van Tsavo, sterf - November 2, 2022
Die ikoniese Keniaanse olifantkoei Dida, wat vermoedelik die langste tande op die vasteland gehad het, is weens ouderdom dood. Sy was uiters gewild onder toeriste en onmiddellik herkenbaar as gevolg van die lengte van haar tande. Dida was tussen 60 en 65 jaar oud en die martriarg van haar trop. Dida, wat algemeen bekend is […]
DA skep wetsontwerp om Ministeriële Handboek se magte in te perk - November 2, 2022
Die DA in Suid-Afrika het ‘n Privaat Lede Wetsontwerp bekend gestel wat daarop gemik is om die president se magte oor die Ministeriële Handboek in te perk. Die party sê hy het oor die afgelope dekades skandalige misbruike van die Ministeriële Handboek blootgelê, deur feitlik elke demokraties-verkose president wat die land gehad het. Leon Schreiber […]