
Ondersoek na stukkende skoorsteen by Kusile - November 3, 2022
Eskom sê ondersoeke is aan die gang om die oorsaak vas te stel nadat ‘n verbrandingsgas-pyp by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga onklaar geraak het. Die verbrandingsgaspyp is soortgelyk aan ‘n huis se skoorsteen. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê eenheid twee het nie krag opgewek ten tye van die voorval nie, maar sy terugkeer na diens word as voorsorgmaatreël uitgestel. […]
Rusland is terug in die graanooreenkoms - November 3, 2022
Rusland het sy deelname aan ‘n ooreenkoms wat graanuitvoere uit die Oekraïne toelaat, weer hervat. Die Kremlin het die ommekeer aangekondig nadat Turkye en die Verenigde Nasies gehelp het om Oekraïnse graan vir etlike dae uit te voer sonder ‘n Russiese rol in inspeksies. Die land se ministerie van verdediging het die hervatting geregverdig deur te sê hy het waarborge van die Oekraïne ontvang dat hy […]
Proteas sal alles in die stryd werp vanoggend - November 3, 2022
Suid-Afrika gaan vandag probeer om sy plek in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië te bespreek en Pakistan huis toe te stuur wanneer hulle in Sydney ontmoet. Die Proteas het twee van hulle vorige drie wedstryde gewen, insluitend teen een van die gunstelinge, Indië, terwyl een kragmeting uitgereën het. Pakistan het een wedstryd gewen […]
Liggame van 19 zama-zamas in Krugersdorp ontdek - November 3, 2022
Die polisie in Gauteng het ‘n dossier geopen nadat die liggame van 19 vermeende onwettige myners in Krugersdorp ontdek is. Hulle is vermoedelik zama-zamas. Die polisie se woordvoerder, Brenda Muridili, sê die liggame is gistermiddag gevind en al die betrokke rolspelers is na die toneel ontbied:
Walvis-munisipaliteit moet interne ouditeur aanstel - November 3, 2022
Die Walvisbaai-munisipale raad het aanbeveel dat ‘n gekwalifiseerde interne ouditeur aangestel word om interne oudit-dienste aan die munisipaliteit te verskaf. Daar sal van die interne ouditeur verwag word om al die departementele funksies binne die munisipaliteit te oudit. Sedert die bedanking van die permanente ouditeur in 2008, is die pos vakant. Hierdie dienste is later […]
Mkhize sê hy is reg om ANC-president te word - November 3, 2022
Die ANC-presidentskandidaat en gewese minister van gesondheid, Zweli Mkhize, glo hy is gereed om die regerende party se president te word. Mkhize, wat goeie ondersteuning in sy tuis-provinsie KwaZulu-Natal, het, het verlede jaar as minister bedank te midde van bewerings dat hy gebaat het by ‘n onregmatige tender van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die tender is uitgereik aan Digital Vibes wat […]
Parkland-skieter kry lewenslange vonnis - November 3, 2022
Die Parkland-skieter Nikolas Cruz is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, sonder die moontlikheid van parool. Die 24-jarige Cruz het in 2018 14 studente en drie personeellede by die Marjory Stoneman Douglas High School met ‘n semi-automatiese geweer doodgeskiet. Die vonnis volg ná twee dae se getuienis waarin die gesinne van die slagoffers en oorlewendes Cruz gekonfronteer het. Hy het verlede jaar skuldig […]
Rafa in Parys uitgeskakel - November 3, 2022
Die 22-malige grand slam-kampioen Rafael Nadal is in die tweede ronde van die Paryse Meesters uitgeskakel. Die Amerikaner Tommy Paul het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die Spanjaard met 3-6, 7-6 en 6-1 verslaan het. Die Rus, Daniil Medvedev, het ook ‘n verrassende nederlaag gely teen Alex de Minaur van Australië. Paul sê dit was ‘n spesiale gevoel […]
Maga-Republikeine bedreig demokrasie – Biden - November 3, 2022
Alle oë is volgende week Dinsdag op die VSA met sy middeltermyn verkiesing. Dit word as uiters belangrik vir beide die Demokrate en die Republikeine geag omdat beheer van die Huis van Verteenwoordigers, sowel as die Senaat op die spel is. Die Amerikaanse President Joe Biden sê demokrasie word bedreig, nie as gevolg van die Republikeinse-party nie maar as […]
VSA-dollar versterk verder met verhoging in rentekoers - November 3, 2022
Die Amerikaanse dollar het weer versterk na Jerome Powell, voorsitter van die VSA Federale Reserweraad, aangekondig het dat daardie land se rentekoers met 75 basispunte verhoog word. Dit is die vierde agtereenvolgende keer wat die koers so opgestoot word. Rentekoerse word normaalweg verhoog om inflasie te bekamp maar, met die Amerikaanse dollar wat versterk, vertoon […]