Mbalula gee toe openbare vervoerinfrastruktuur is vervalle

Die buurland se vervoerminister Fikile Mbalula het toegegee die verval in die openbare vervoerinfrastruktuur is baie erg. Hy het die stelling gemaak in sy Vervoer-begrotingspostoespraak in die Nasionale Vergadering. Mbalula glo vir ‘n ekonomie om optimaal te presteer, is ‘n werkende en betroubare openbare vervoerstelsel nodig. Hy het gewys op verskeie ingrepe om die openbare […]

Read More

Internasionale besoekers na Namibië vertoon uiters goed

Aankomste van buitelandse toeriste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako was die hoogste in April 2022 sedert die uitbreking van die Covid-pandemie. Totale buitelandse aankomste was 13 047 in April 2022, vergeleke met die 7 739 in die vorige maand en 4 549 in April 2021. Die data dui daarop dat voordele reeds gesien word […]

Read More

BEE het nie SA se ekonomie vernietig nie – Cyril

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê rolspelers moet saamwerk om die grense van breë-basis swart ekonomiese bemagtiging uit te brei en enige pogings om dit te vernou, teenstaan. Hy het by die dinee van die Black Business Council se beraad in Midrand, Johannesburg, gepraat. Ramaphosa sê hulle aanvaar nie die argument dat swart ekonomiese bemagtiging […]

Read More

VSA staan bankvas agter Finland, Swede se NAVO-aansoek

President Joe Biden sê Amerika ondersteun Finland en Swede se aansoeke om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan te sluit, ten volle. Hy het gister by die Withuis met sy ampsgenote, Sauli Niinistö van Finland, en Swede se eerste minister, Magdalena Andersson, vergader. Biden sê sy administrasie sal verslae aan Navo voorlê vir die twee lande […]

Read More

Griekse komponis Vangelis sterf

Die Griekse komponis Vangelis, wat bekend was vir sy gevierde rolprenttemas vir Chariots of Fire en Blade Runner, is in die ouderdom van 79 oorlede. Hy het ‘n Oscar gewen vir sy 1981 se Chariots of Fire. Vangelis se ander filmkrediete sluit The Bounty, Francesco, Bitter Moon, 1492: Conquest of Paradise en Alexander in. Die […]

Read More

Griep, verkoue of nóg ‘n Covid-vlaag?

Talle Namibiërs het nou met die begin van die winterseisoen griep of verkoue onder lede. Tydens vandag se aanlynbespreking van die inligtingsministerie, was die onderwerp of Namibië gereed moet maak vir nog ‘n Covid-vlaag. Volgens Emmy Ndevaetela van die gesondheidsministerie is daar rede tot kommer soos Covid-syfers op ‘n daaglikse basis styg.

Read More

Cheetah Cement-werkers se betoging eers op ys

Die beplande vreedsame betoging deur werkers van die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo is uitgestel nadat die Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua ingegryp het. Meer as 200 werkers het vir vanoggend ‘n vreedsame betoging beplan en ‘n petisie aan Uerikua en die streeksraad gelewer. Die betoging word gelei deur lede van die Mynwerkers-unie van Namibië en die Namibiese werkers eis salarisverhogings. 

Read More

AfriForum hof toe oor hernuwing van rybewyskaarte

AfriForum het vandag hofstukke ingedien om die vereiste dat rybewys-kaarte elke vyf jaar hernu moet word teen te staan. Die burgerlike organisasie se veldtogbeampte, Reiner Duvenage, sê AfriForum betoog daar is aansienlike regs- en praktiese gronde vir die sukses van hulle aansoek. Duvenage sê regulasies om die vernuwingstydperk vir kaarte tot vyf jaar te beperk […]

Read More

Naomi Osaka keer terug na die tennisbaan

Tennis: Naomi Osaka keer terug na Roland Garros in die hoop om die herinneringe aan haar onttrekking 12 maande gelede uit te wis. Daar is egter kommer oor haar kleibaan-vorm en -fiksheid. Die voormalige wêreld nommer een het in verlede jaar se Franse Ope voor die tweede ronde weens geestesgesondheids-kwessies onttrek. Die 24-jarige Japanese speler het teruggesak tot 38ste op […]

Read More

Freedom Park se vlagpaal van R22 miljoen kry steeds kritiek

Die besluit van die Suid-Afrikaanse departement van kuns en kultuur om ‘n vlagpaal van 22 miljoen rand by Freedom Park in Pretoria op te rig kry steeds kritiek uit baie oorde van die land. Vroeër is berig dat die projek nou uitgestel is nadat minister Nathi Mthethwa vandag ‘n verklaring uitgereik het en gesê het […]

Read More