Franse Ope: Klaasen deur, Harris uit

Tennis: Die Suid-Afrikaner Raven Klaasen en sy Nederlandse dubbelspel-maat, Robin Haase, het tot die tweede ronde van die Franse Ope deurgedring. Hulle het die plaaslike spelers Gilles Simon en Hugo Gaston 6-3, 6-1 geklop. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, se besoek aan Parys het geëindig toe hy ook in die mans-dubbelspel op Roland Garros uitgeskakel […]

Read More

Beleggers vir Namibiese groen skemas in Davos gesoek

Die Namibiese regering het potensiële plaaslike en internasionale beleggers genooi om vier groen skemas en ‘n suiwelprojek te huur. Dit volg op die bekendstelling van die Versoek om Voorstelle by die Wêreld Ekonomiese Forum wat in Davos, Switserland, aan die gang is. Die vier groen skemas sluit in Katima Mulilo-Liselo, Zone Green, Neckartal en  Tandjieskoppe, […]

Read More

Zuma se mediese parool-saak in Augustus in Appèlhof

Die Appèlhof sal op 15 Augustus ‘n appèl aanhoor oor oudpresident Jacob Zuma se vrylating uit die tronk op mediese parool. Die Departement van Korrektiewe Dienste het ‘n aansoek ingedien om te appelleer teen ‘n beslissing dat die voormalige nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, se besluit om Zuma op mediese parool vry te […]

Read More

Skoolskieter het op Facebook gesê hy gaan skool aanval

Texas se goewerneur, Greg Abbott, sê die man wat 19 kinders en twee onderwysers by Robb Elementary School doodgeskiet het, het minute voor die aanval op Facebook gesê hy gaan ‘n skool aanval. Meta, Facebook se moedermaatskappy, het verduidelik dat die boodskappe nie in die openbaar op die platform geplaas is nie. Sewentien mense is […]

Read More

Nadal behaal 300ste Grand Slam-oorwinning

Tennis: Die 13-malige Franse Ope-kampioen, Rafael Nadal, het sy 300ste Grand Slam-oorwinning behaal toe hy die Fransman Corentin Moutet met 6-3, 6-1 en 6-4 verslaan en na die derde ronde deurgedring het. Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, het in skoon stelle met die Slowaak Alex Molcan afgereken om sy 83ste oorwinning by dié […]

Read More

Totale Covid-sterftes in Namibië is 4 035

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-tuissterfte van ‘n 76-jarige vrou op Opuwo aangemeld, asook is 229 nuwe Covid-gevalle uit 1 354 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 16,9 persent verteenwoordig. In die groep is 57 leerders van verskillende skole, 11 onderwysers, sewe gesondheidswerkers en vier studente. Daar is nou 2 899 aktiewe gevalle, waarvan […]

Read More

Aartappels SA tevrede met gehalte

Die bedryfsliggaam, Aartappels SA, is tevrede met die gehalte van die aartappels wat tans in dele van die land geoes word. Dit is tans die oesseisoen in verskeie streke, soos die Wes-Kaap, die Oos-Vrystaat, die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal, Noordwes en die Noordoos-Kaap. Voldoende reënval in die Oos-Vrystaat het gelei tot aartappels van goeie gehalte met gemiddelde […]

Read More

Mense met aappokke in Duitsland moet 21 dae isoleer

Duitsland se minister van gesondheid, Karl Lauterbach, sê mense met aappokke moet vir ten minste 21 dae isoleer om die uitbreking te stuit. Lauterbach sê sy ministerie het tot dusver 40 000 dosisse van Bavarian Nordic se Imvanex-pokke-entstof bestel, ter voorbereiding van sy inentingsveldtog. Die hoof van die Duitsland se Robert Koch-instituut vir oordraagbare siektes, […]

Read More

Chelsea se verkoop aan konsortium vir N$83,5 miljard goedgekeur

Sokker: Die Britse regering het toestemming gegee dat ‘n konsortium die Premiersliga-klub Chelsea oorneem vir 83,5 miljard Namibiese dollar. Waarborge is verskaf die verkoop sal nie die huidige eienaar, die Russiese oliebaron Roman Abramovich, bevoordeel nie. Sy bates in die Verenigde Koninkryk is bevries na sy land se inval in Oekraïne. Internasionale media berig die […]

Read More

Studente op Opuwo eis herinstelling van Unam-sentrum op dorp

Studente van die Universiteit van Namibië wat op Opuwo in die Kunene-streek gebaseer is, eis die onmiddellike herinstelling van die Opuwo Unam-sentrum, aangesien hulle nou na die Oshakati-kampus moet reis vir eksamens, toetse en die insameling van studiemateriaal. Die studente op Opuwo sê hulle het nie gelyke toegang tot onderwys nie. Hul petisie is namens die […]

Read More