Cran beveilig elektroniese transaksies verder

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het amptelik nuwe regulasies ingevolge die Wet op Elektroniese Transaksies in die Staatskoerant van 20 Desember 2024 gepubliseer. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die bevordering van digitale bedrywighede in die land. Dit sluit in regulasies oor elektroniese handtekeninge en die akkreditasie van sekuriteitsprodukte en -dienste asook hul […]

Read More

WEF se ‘groen kluster’ kry nuwe lede

Dertien nuwe nywerheidsgroepe van lande soos Indië, Brasilië en die Verenigde Koninkryk het by die Wêreld Ekonomiese Forum se Transitioning Industrial Clusters-inisiatief aangesluit. Die program het ten doel om koolstofdioksieduitstralings te verminder, ekonomiese groei aan te dryf en indiensneming te verbeter. Die 33 deelnemende groepe in 16 lande verteenwoordig 832-miljoen ton se potensiële kweekhuisgasverminderings. Leiers […]

Read More

Starmer wil maatreëls daarstel om te keer dat onder-18’s messe koop

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, onderneem strenger maatreëls om te verhinder dat onder-18’s messe aanlyn koop. Starmer beskryf die proses as “skokkend maklik” nadat dit aan die lig gekom het die tiener wat verlede Julie drie jong meisies met ʼn mes vermoor het, die mes aanlyn by Amazon gekoop het. Axel Rudakubana was 17 […]

Read More

Diens reageer op oproepe dat hy vir bloedskenkings moet betaal

Frieda Vatileni, ‘n gesondheidsopvoeder by die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het oproepe op sosiale media dat die diens vir bloedskenkings moet betaal, aangespreek. Die koste daaraan verbonde is reeds hoog, want geskenkte bloed moet getoets word voordat dit gebruik kan word. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ook etiese kwessies rondom so ‘n praktyk.

Read More

Daures lewer eerste oes op

Die eerste komkommer-oes van die Daures Groenwaterstof-dorp is nou beskikbaar in kleinhandelwinkels aan die kus. Die projek bedryf ‘n klimaatbeheerde kweekhuis met gevorderde besproeiingstelsels, wat doeltreffende produksie van hoëgehalte-gewasse moontlik maak. Die kweekhuis kan potensiaal jaarliks tot 500 ton produkte lewer, onder andere tamaties, soetrissies, spinasie en kool. Die produksie sal koolstofvry wees en groenwaterstof […]

Read More

Verwerkingsaanlegte steeds lamgelê

Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie onderneem tans oorsigbesoeke aan verwerkingsprojekte in die Karas-, Oshana-, Zambezi-, Kavango-Wes- en Otjozondjupa-streke. Die komitee evalueer vordering met die  implementering hiervan na daarvoor begroot is onder handelsministerie. Maar, die status quo is onveranderd en geen tasbare vordering met talle van die projekte is waargeneem […]

Read More

Venaani reageer op stilswye deur owerhede na Namdia-roof

Die vertraging in die beloofde perskonferensie deur NamPol en Namdia na Saterdagaand se gewaagde roof, het baie vrae, en gerugte, laat ontstaan. Namdia sê verder sy bedrywighede is nie ontwrig nie al is een van sy senior sekuriteitsbeamptes in die roof dood en media berigte is uiteenlopend met verskeie feite en die waarde van die […]

Read More

Amupanda getuig steeds in rooilyn-saak

Die rooilyn-saak van Job Amupanda duur voort voor regter Shafimana Ueitele. Dinge is gespanne met Amupanda wat debat voer en nie vrae beantwoord nie. Ueitele het self aan Amupanda gesê hy moenie lesings lewer nie en eerder vrae beantwoord. Advokaat Raymond Heathcote, vir die landbouministerie, het kruisverhoor vanoggend voorgesit.

Read More

Bouplanne in die vierde kwartaal is op vir hoofstad, af vir Swakop

Ten spyte van dalings in die aantal goedgekeurde bouplanne in beide Windhoek en Swakopmund in Desember, het die kwartaallikse prentjie positief vertoon, veral vir die hoofstad. Windhoek se goedgekeurde bouplanne het in die vierde kwartaal ‘n kwartaallikse groei van 27 persent aangeteken, terwyl Swakopmund ‘n inkrimping van 32 persent gesien het. Op ‘n jaargrondslag het […]

Read More

Wolfshag-skag sal tot 2027 by B2Gold lewer

B2Gold Namibia het gesê eksplorasieresultate dui op die potensiaal om ondergrondse produksie by Wolfshag tot 2027 uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het met die B2Gold-landbestuurder, John Roos, gesels wat sê dit sal die verwerkingsbedrywighede tot 2032 aanvul, wanneer ekonomies lewensvatbare voorrade na verwagting uitgeput sal wees. Kapitaalbesteding vanjaar by die Otjikoto-myn sal na verwagting […]

Read More