SA gaan 1 350 ambulanse in feesseisoen ontplooi - December 13, 2022

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het aangekondig dat hy 1 350 ambulanse regoor die land dié Kersseisoen sal ontplooi om nooddienswerkers beter by te staan met die verwagte toename in pad-ongelukke en ander noodgevalle. Dit, na die onlangse berigte dat Suid-Afrika ‘n dringende tekort aan ambulanse ervaar. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…

Read More

Windhoek se krematorium weer buite werking - December 13, 2022

Stad Windhoek het aangekondig dat die krematorium tans groot onderhouds-herstelwerk ondergaan. Geen verassings sal vir ‘n onbepaalde tydperk by die krematorium kan plaasvind nie. Stad Windhoek sê sy tegnici werk hard daaraan om die krematorium te herstel en terugvoering sal gegee word sodra dit weer in werking is.  

Read More

NV verwerp Phala Phala-verslag - December 13, 2022

Altesaam 214 Suid-Afrikaanse parlementslede het nee in die Nasionale Vergadering in die Phala Phala-sage gestem om President Cyril Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Altesaam 148 parlementslede het nee gestem, onder meer Nkosazana Dlamini-Zuma, en twee het buite stemming gebly. Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula gee die uitslae.

Read More

Zim-ekonoom: Afrika-landbousektor kort finansiering - December 13, 2022

‘n Zimbabwiese ekonoom het gereageer op President Emmerson Mnangagwa wat amptelik die 18de Streeks-universiteitsforum vir Vermoëbou in Landbou geopen het. Die forum poog om oplossings en strategieë te vind om Afrika se landbouvoedsel-stelsels ná Covid-19 te verbeter, asook om maniere te ondersoek om hoë-presterende gegradueerdes en navorsing van hoë gehalte te bied om boere in […]

Read More

Springbok-vrouespan se afrigter se kontrak nie hernu - December 13, 2022

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, sal volgens berigte sy pos aan die einde van die maand na vier jaar ontruim. SA Rugby het besluit om nie sy kontrak te hernu nie. Dit volg blykbaar op verskille met die hoё-prestasiebestuurder, Lynne Cantwell. Die voormalige kaptein van Ierland se vrouespan is in Februarie verlede […]

Read More

Malema sê Ramaphosa het sy ampseed geskend - December 13, 2022

Die EFF-leier, Julius Malema, sê President Cyril Ramaphosa het sy ampseed geskend. Hy het gepraat tydens die Nasionale Vergadering se debat oor die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-sage. Malema sê sy party sal nie stilgemaak word nie en sal voortgaan met sy pogings om Ramaphosa aanspreeklik te hou. Hy het na […]

Read More

Veediefstal-verdagte met karkasse in sy besit betrap - December 13, 2022

Die Windhoek Stadspolisie het deur intelligensie-geleide polisieveldtog ‘n verdagte in ‘n veediefstal-sindikaat in hegtenis geneem. Die sindikaat is bedrywig in die omgewing van die Groot Aub-nedersetting suid van Windhoek. Die 39-jarige verdagte is in Windhoek betrap met bevrore karkasse ter waarde van 25 000 Namibiese dollar. ‘n Springbok-karkas is in sy vrieskas gevind wat vermoedelik […]

Read More

Konsessieregte vir trein by Sossusvlei gekanselleer  - December 13, 2022

Namibiese toeriseminister Pohamba Shifeta het ingestem om die konsessieregte wat hy aan ‘n plaaslike toerismemaatskappy verleen het om ‘n passasierstrein binne Sossusvlei in die Namib-Naukluft Nasionale Park te bou en te bedryf, te kanselleer. Sky Eye Tours and Hospitality wat deur die sakeman Laban Kandume besit word, het weens finansiële redes besluit om nie met […]

Read More

Ambassadeur in China bied hulp aan - December 13, 2022

Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, het vandag ‘n ‘n vergadering met rolspelers in die hoofstad gehou om kwessies aan te spreek oor nagemaakte goedere wat deur NamRA geskut en onlangs aan die regering geskenk is. Tydens die debat het sommige mense wat goedere uit die buiteland bestel, veral Asië, vrae gevra oor prosedures. Die Namibiese ambassadeur in […]

Read More

Libiese Lockerbie-bomplanter glo ontvoer - December 13, 2022

Die Libiër wat 34 jaar ná die Lockerbie-bomaanval vir sy beweerde aandeel daarin aangekeer is, is glo deur ‘n krygsheer by sy huis ontvoer en twee weke aangehou voordat hy na Amerika geneem is. Bronne in Libië voer aan dat die 71-jarige Masoed Al-Marimi deur gewapende magte by sy huis in die Abu-Salum-buurt in Tripoli […]

Read More