Duitsland klassifiseer Namibië as hoë risikoland

Met die Covid-19 gevalle wat besig is om soos ‘n veldbrand versprei, is dit ‘n bron van kommer regoor die hele wêreld. Duitsland het onlangs vir Namibië onder kategorie vier ingedeel, wat beteken dat Namibië ‘n hoë risikoland vir Duitse burgers is. Hierdie aankondiging is uiters kommerwekkend vir die Namibiese toerismebedryf, wat reeds swaar getref […]

Read More

RedForce skenk groot

RedForce Debt Management het kospakkies en komberse geskenk aan 120 gesinne van die kiesafdelings Tobias Hainyeko en Samora Machel in die hoofstad ter waarde van 150 000 Namibiese dollar. Die pakket het bestaan uit nie-bederfbare voedselprodukte, waaronder mieliemeel, rys, suiker, kookolie, bakmeel, ingemaakte vis en ingemaakte vleis en ‘n winterkombers. RedForce se uitvoerende hoof, Julius […]

Read More

Afrikaans is belangrik vir ons – Universiteit Stellenbosch

‘n Onafhanklike forensiese verslag deur Deloitte oor die toepassing van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, het bevind dat die bestuur nooit opdrag gegee het dat die gebruik van Afrikaans verbied word nie. Koshuisleiers het ook geen verbod geplaas op die gebruik van Afrikaans tydens die verwelkomingstydperk in Maart vanjaar nie. Die adjunk-visekanselier: Leer en Onderrig, […]

Read More

Geen visvangpermitte oor naweke uitgereik nie

Die Namibiese ministerie van visserye het aangekondig dat al sy kantore wat algemene visvangpermitte uitreik voortaan gesluit sal wees oor naweke en op vakansiedae. Luidens ‘n openbare kennisgewing wat deur die waarnemende uitvoerende direkteur Uerithiua Kauaria uitgereik is, sal die kantore alleenlik oop wees op normale werksure, Maandag tot Vrydag.

Read More

!Gawaxab sê Woensdag oor repokoers

Die repokoers sal Woensdag deur die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab aangekondig word. Op die oomblik is die koers op 3,75 persent. Salomo Hei, die hoof navorser by High Economic Intelligence Investment meen die koers sal onveranderd gelaat word. Hy het sy redes so verwoord.

Read More

Kankervereniging verskuif sy pasiënte

Die Namibiese Kankervereniging het aanpassings gemaak as gevolg van die toenemende Covid-hospitaliserings. Volgens die vereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, word al hulle pasiënte wat in staatsfasiliteite behandel word, oorgeplaas na hulle fasiliteite toe…. Intussen is die jaarvergadering wat op 29 Junie sou plaasvind, uitgestel. Hansen verduidelik.

Read More

Polisie sukkel met voertuie

Die verbod op nuwe voertuigaankope wat deur President Hage Geingob tot 2025 ingestel is, plaas druk op die Namibiese polisie. Sonder voldoende voertuie is dit ook onmoontlik om te verseker dat inperkingsmaatreëls toegepas word en ook om misdaad te bekamp. Die hoof van die polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Laaste dag vir jou wenwors-resep

Vandag is die laaste dag vir deelname aan die Shoprite Checkers Namibia Championship Boerewors-kompetisie. Voornemende boerewors-kampioene moet vandag hulle resepte indien om deel te wees van die kompetisie. Sanet Prinsloo, Kosmos 94.1 se gunsteling sjef het die besonderhede…

Read More

NDF-hospitaal het nie Covid-pasiënte behandel nie

Die weermag hospitaal wat Sondag in puin gelê is, is nie vir Covid-pasiënte gebruik nie maar het soldate behandel. Kosmos 94.1 Nuus het dit met ‘n senior beampte bevestig. Die minister, Frans Kapofi het vroeër aan nuusagentskappe gesê die ondersoek na die oorsaak duur steeds voort. Daar was volgens berigte net een pasiënt tydens die […]

Read More

Nanso eis dat skole sluit

Die Namibiese nasionale studente-organisasie Nanso eis dat skole onmiddellik sluit. In ‘n verklaring eis die vakbond ook dat skole onmiddellik gereinig moet word. Nanso vra ook dat landelike leerders en onderwysers ingeënt moet word en verder dat ‘n strategie daargestel moet word om leerders in grade 9, 11 en 12 te prioritiseer. Ambagsopleidingsentrums moet ook […]

Read More