DA veroordeel poging tot vergiftiging van Eskom-hoof - January 9, 2023

Die DA veroordeel die poging tot vergiftiging op Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter by Megawatt Park. De Ruyter het ‘n strafregtelike saak geopen nadat verhoogde vlakke van sianied in sy bloed ontdek is. Ghaleb Cachalia van die DA sê nie net is De Ruyter oorgelaat aan sy eie lot nie, maar nou is kriminele […]

Read More

Brasiliaanse President kondig noodtoestand af - January 9, 2023

Brasiliaanse President Luiz Inácio Lula da Silva het ‘n federale veiligheids-noodtoestand en ingryping in die hoofstad van Brasilia verklaar, nadat duisende ondersteuners van sy voorganger Jair Bolsonaro die presidensiële paleis, die kongres en die hooggeregshof binnegeval het. Baie van die betogers was in die landsvlag gedrapeer toe hulle die geboue binnegestorm en geplunder het. Veiligheidsmagte […]

Read More

Man op Lichtenburg deur sy eie honde doodgebyt - January 9, 2023

In die buurland het ’n 60-jarige man van Lichtenburg in Noordwes se twee Amerikaanse veghond-kruisings en nog ’n hond van ’n onbekende ras het hom doodgebyt. Die man se vrou was tydens beurtkrag buite die huis besig toe sy die honde hoor blaf. ‘n Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê sy het nie gedink sy hoef ondersoek […]

Read More

Namibian Lives Matter soek antwoorde oor konflik-kwessie met Botswana - January 9, 2023

Namibian Lives Matter het sy reaksie gegee oor Botswana se President Mokgweetsi Masisi wat op ‘n eendag-besoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob was. Masisi se besoek volg op die twee lande wat einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou het onder voorsitterskap van die twee Presidente. Die […]

Read More

Voornemende renosterstroper met vuurwapen in westelike Etosha vasgetrek - January 9, 2023

‘n Namibiese man van Okangwati is in hegtenis geneem wat glo van voorneme was om ‘n renoster aan die westekant van die Etosha Nasionale Park te stroop. Die 28-jarige man wou glo saam met ander voornemende stropers volgens intelligensie-geleide inligting renosters in die park stroop. Hy is met ‘n vuurwapen en vyf patrone in sy besit in […]

Read More

Ramaphosa beklemtoon billike toegang tot grond - January 9, 2023

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die party bly vasberade in sy verbintenis om billike toegang tot grond te verseker om apartheid se ruimtelike beplanning om te keer en die deelname van voorheen benadeelde gemeenskappe aan landbou en ander grond-gebaseerde nywerhede te verhoog. Hy het die ANC se 8 Januarie Presidentsrede gelewer. Ramaphosa sê die party […]

Read More

Onophoudelike beurtkrag in Suid-Afrika - January 9, 2023

Suid-Afrikaners staar vir die afsienbare toekoms onophoudelike beurtkrag in die gesig, met fase 3 en fase 4 wat deur die dag en nag sal voortduur. Eskom sê dit is die gevolg van onklaarrakings en beplande instandhouding by verskeie van sy kragstasies. Volgens woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sal nog inligting uitgereik word soos die situasie verander.

Read More

Brasilianse Bolsanaro-ondersteuners bestorm kongres-kompleks - January 9, 2023

Duisende ondersteuners van Brasilië se voormalige verregse President, Jair Bolsonaro het die kongres-kompleks in die hoofstad, Brasilia bestorm. Van die ondersteuners het tot in die senaatsaal gekom, terwyl ander die presidensiële paleis, die hoogste hof en ander regeringsgeboue binnegedring het. Beeldmateriaal toon hoe hulle vensters breek en meubels beskadig. Die veiligheidsmagte sê hulle het nou […]

Read More

Ramaphosa sê werk moet vir jeug geskep word - January 9, 2023

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê miljoene jong Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 het nie werk, óf ‘n geleentheid tot onderwys of opleiding nie. Hy het tydens sy 8 Januarie Presidentsrede gesê die regering moet steeds voorkeur gee aan die indiensneming van jong mense. Vanjaar moet die regering alle planne uitbrei wat werkservaring aan jongmense bied, […]

Read More

President van Botswana besoek Geingob - January 9, 2023

Botswana se President Mokgweetsi Masisi was op ‘n eendag-werkbesoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob. Die twee lande het einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou, onder voorsitterskap van Geingob en Masisi. Die sitting het daartoe gelei dat ‘n aantal besluite geneem is om bestaande bilaterale bande te versterk. […]

Read More