
Klopjagte deur Israelse soldate in besette Wesoewer - January 26, 2023
Minstens agt Palestyne is dood en tientalle beseer in klopjagte deur Israelse soldate in die besette Wesoewer. Die Israelse weermag het die klopjagte in en naby die Jenin-vlugtelingekamp bevestig. Volgens die Palestynse minister van gesondheid het ambulanse gesukkel om die beseerdes te bereik. ‘n Kindersaal in ‘n hospitaal het ook onder traanrook deurgeloop. Volgens Israelse […]
Rugby: Wêreld-0nder-20’s in Kenia en SA aangebied - January 26, 2023
Rugby: Suid-Afrika gaan die volgende twee uitgawes van Wêreldrugby se onder-20 Kampioenskap in 2023 en 2024 aanbied. Wêreldrugby se onder-20 Trofee-toernooi is aan Kenia toegeken en die beste junior spelers kies vanjaar koers na Afrika. Die twee kompetisies keer vir die eerste keer terug sedert die pandemie bykans drie jaar gelede toegeslaan het met die […]
Ramaphosa bring hulde aan wyle Lydia Meshoe - January 26, 2023
President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel uitgespreek na die afsterwe van ‘n stigterslid van die ACDP, Lydia Meshoe. Sy was die leier van die party se Women of Destiny-organisasie en voormalige lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng. ‘n Woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, sê die President se gedagtes en gebede gaan uit na […]
Geingob stel nuwe regters aan - January 26, 2023
President Hage Geingob het op aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie vir waarnemende regters David Munsu en Erich Kesslau as hoërhofregters vanaf 1 April 2023 aangestel. Hooflanddros Philanda Christiaan is vanaf 1 April tot 31 Maart 2024 as waarnemende regter aangestel. Hoërhofegter George Coleman sou op 31 Januarie aftree as hy 65 jaar oud word, maar […]
Suid-Afrika kry WGO-toekenning vir malaria - January 26, 2023
Suid-Afrika is van die eerste ontvangers van ‘n toekenning van die Wêreld-gesondheidsorganisasie vir sy pogings om malaria uit te roei. Die organisasie gee erkenning aan lande wat die siekte uitgewis het met verskeie strategieë en robuuste implementering. Die woordvoerder van die Departement van gesondheid, Foster Mohale, sê die regering is daartoe verbind om malaria uit […]
Moord op aktivis van Eswatini wyd veroordeel - January 26, 2023
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ‘n beroep op Eswatini se regering en owerhede om geen steen onaangeroer te laat om die verdagtes in die moord op die menseregte-verdediger, Thulani Maseko, op te spoor en te vervolg nie. Namibiese President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se Troika-orgaan, ook die moord veroordeel. Die voorsitter van […]
Tennis: Rybakina in die eindstryd van Aussie Ope - January 26, 2023
Tennis: Die Wimbledonse kampioen, Elena Rybakina, het haar plek in die eindstryd van die Australiese Ope bespreek deur Victoria Azarenka van Belarus binne een uur en 41 minute met 7-6, 6-3 te klop. Die 22ste gekeurde sal in Saterdag se eindstryd in Melbourne te staan kom teen die wenner van die tweede halfeindstryd tussen Magda […]
Hittegolf: Noord-Kaapse boere gewaarsku - January 26, 2023
Die buurland se arbeidsminister, Thulas Nxesi, het boere in die Noord-Kaap gewaarsku dat voedselsekerheid geraak sal word indien die beskerming van plaaswerkers nie vooropgestel word nie. Nog ‘n sterfte weens die hittegolf is ‘n paar dae gelede in die Kakamas-streek van die provinsie aangemeld. Die woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla, sê Nxesi het eienaars […]
LPM veroordeel ook Amnics-tender, verkrygingsraad - January 26, 2023
Nog reaksie word ontvang op die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar. Die LPM sê dat dei Sentrale Verkrygingsraad moet verduidelik omdat belastingbetalers se geld gebruik word. Die party se woordvoerder Eneas Emvula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Beurtkrag is dringendste kwessie vir landbou - January 26, 2023
Die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die verslegtende energiekrisis is tans waarskynlik die dringendste kwessie vir Suid-Afrika se landbou en landbou-ondernemings. Beurtkrag veroorsaak probleme vir elke stap van die landbouvervaardigingsketting en raak besproeiing, verwerking en berging van gewasse. Hy sê dit sal feitlik onmoontlik wees om die sektor in totaal van beurtkrag […]