Stad Windhoek weet niks van wat op grondvlak aangaan nie
Die Stad Windhoek beplan om huiswinkels in woongebiede te verbied, ‘n besluit wat meer as 820 kleinskaalse geregistreerde winkels regoor die stad kan raak. Die stad sê dat hulle tans nuwe aansoeke vir tuis-gebaseerde besighede van die hand wys. ‘n Nuwe munisipale beleid is voorgestel om kommersiële aktiwiteite by residensiële eiendomme uit te faseer, veral […]
Tesourie sal van Eskom se skuld oorneem
Die Nasionale Tesourie beraam planne om ‘n deel van Eskom se skuld van 396 miljard Suid-Afrikaanse rand oor te neem in ‘n poging om ‘n volhoubare oplossing te kry vir die kragverskaffer se skuldkrisis. ‘n Woordvoerder van die Tesourie, Duncan Pieterse, sê hulle het finansiële modellering oor die skuldoordrag gedoen en prokureurs aangestel om raad te gee oor regulatoriese en […]
Minder aansoeke vir vuurwapenlisensies in Bots, maar net 270 word met lootjie toegeken
Daar was ‘n skerp afname in die aantal burgerlikes wat vanjaar aansoek gedoen het vir wapenlisensies in Botswana, vergeleke met 2021. Die land se polisiedien sê daar was 7 274 aansoeke om lisensies om haelgewere te bekom en 6 490 vir gewere ontvang, vergeleke met 19 528 vir haelgewere en 15 954 vir gewere in dieselfde tydperk […]
Sunak reageer op mening dat hy Johnson in die rug gesteek het
Die twee Tory-kandidate vir Britse eerste minister, Rishi Sunak en Liz Truss hou tans vergaderings met partylede sodat hulle vrae van die lede kan beantwoord. Sunak is deur ‘n lid van die publiek gevra oor die mening van baie aanhangers en ondersteuners van Boris Johnson dat hy wat Sunak is, vir Johnson in die rug […]
Eskom ken eerste kontrakte vir batteryberging toe
Eskom het kontrakte toegeken aan Hyosung Heavy Industries en die Pinggao-groep vir die verskaffing van batteryberging in die eerste deel van die Battery-energiebergingstelsel-projek van 500 megawatt wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het. Die projek sal vraag vir vier ure per dag vir minstens 250 dae elke jaar bestuur. Volgens Eskom sluit fase een die installasie […]
Brandstofprys bly dieselfde vir Augustus
Die Namibiese brandstofprys vir Augustus is onveranderd. Petrol verkoop vir 22 dollar 28 sent per liter en diesel teen 22 dollar en 77 sent op Walvisbaai. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie van myne en energie is aan die woord.
NLU sê rekordoes kom in
Die Namibiese Landbou-unie sê dat akkerbouers uitsien na ‘n uitsonderlike oes van wit mielies vir hierdie jaar. Na verwagting sal daar meer as 95 000 ton geoes word. Tussen 70 en 80 persent van hierdie verwagte oes is al aan meulenaars gelewer. Oesvoorspellings was maar redelik onseker aan die begin van die reënseisoen, aangesien die reën laat begin val […]
SA handelskamer se politieke sekerheid is nodig vir werkbare ekonomie
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê politieke sekerheid is noodsaaklik in ‘n omgewing wat ongunstig geword het vir sakebedrywighede en ‘n werkbare ekonomie. Die ANC se sesde beleidskonferensie begin vandag by Nasrec in Johannesburg. Die Kamer het ‘n lys met tien dinge opgestel waaraan die regerende party dringend moet aandag gee by die konferensie. Dit sluit in […]
Powell gesels oor Sewes by Statebondspele
Die Springbok-sewes se afrigter, Neil Powell, sê die besondere aard van die Statebondspele gaan ‘n ander benadering en ingesteldheid van sy spelers vereis. Suid-Afrika speel vandag by die Coventry-stadion teen Maleisië en Tonga en môreoggend teen Skotland. Die kwarteindronde volg later môre. Powell sê dit is alles of niks, want daar is geen tweede kans […]
Noodtoestand in Kentucky afgekondig
Oorstromings in die ooste van Kentucky het minstens agt sterftes veroorsaak en volgens die goewerneur Andy Beshear sal die dodetal na verwagting verder styg. ’n Reeks storms wat die oostelike deel van die staat deurdrenk het, het baie skade veroorsaak. Dit sal jare neem om te herstel sê Beshear.