Ministerie sê oor dokumente vir kwesbare kinders-registrasie
Die ministerie van geslagsgelykheid het publieke kommer aangespreek oor dokumente wat ingedien moet word vir die registrasie van kwesbare kinders. Verskeie mense het gekla dat daar geen duidelike kommunikasie oor die proses is nie. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die dokumentvoorlegging is deel van die ministerie se pogings […]
Noord-oostelike riviere styg effe
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het van 0,63 meter gister tot 0,66 meter vanoggend toegeneem. Die watervlak is baie laer as die tyd verlede jaar, toe dit 1,42 meter hoog was. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het met 5 sentimeter tot 5,51 meter gestyg. Dit is effens laer as die 5,79 meter verlede […]
Kommer oor voortgesette vernietiging van infrastruktuur
Die openbare werke departement het kommer uitgespreek oor die voortgesette vernietiging van infrastruktuur, wat wissel van aluminium en kabels wat gesteel word, tot die vernietiging van verkeersligte, spoorlyne en pilare. Sekerheidspersoneel wat by die Public Works House in die sakekern van Pretoria gestasioneer is, het Woensdagaand ‘n groep misdadigers se planne gefnuik toe hulle op […]
Ricky Gervais bring hulde aan sy hond in ‘After Life’
Ricky Gervais het hulde gebring aan die hond wat in sy TV-program, After Life verskyn het. Die Britse komediant en akteur sê Anti het dit sy gunsteling-verfilmingservaring gemaak en hy het honderde kere per dag vir haar gesê sy is ‘n baie soet meisie. Sy het Brandy geheet in al 18 episodes van die Netflix-komedie […]
Von Bach-, Oanobdam vat water
NamWater het aangekondig dat twee damme inloop gehad het. Die Von Bachdam was Maandag op 23,8 persent en is vanmiddag om 1-uur op 24,5 persent gemeet. Die dam het vandag 395 000 kubieke meter gevat na goeie reën in die opvanggebied. Die Oanob by Rehoboth het gestyg van 31,1 persent Maandag tot 32 persent 8-uur […]
Publiseer bewaringsuksesse ook, nie net stropery
Toeriste reis na Afrika om wilde diere in hul natuurlike omgewing te sien en te ervaar en as dit verander, sal die meeste toeriste waarskynlik wegbly. Gevolglik is die uitwerking van stropery, veral in die Etosha Nasionale Park, kommerwekkend. Dit plaas ook Namibië se reputasie vir bewaring en die daaropvolgende sosio-ekonomiese groei in gevaar. In […]
Valke ondersoek minister Ntshaveni vir bedrog
Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het bevestig daar word deurlopend ondersoek ingestel na die ampstermyn van die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, as munisipale bestuurder van Ba-Phalaborwa in Limpopo. Ntshavheni word verdink van korrupsie in verband met ‘n rekeningkundige kontrak van 2,5-miljoen-rand in die 2008/2009-boekjaar. Lebeya sê die Valke het die saak […]
Sesnasies sal vanjaar 20-minute rooikaart gebruik
Rugby: Die 20-minute-rooikaart word vanjaar die eerste keer in die Sesnasies gebruik nadat dit in die November-toetse op die proef gestel is. Dit beteken ‘n span kan na 20 minute ʼn speler vervang wat met ʼn rooikaart afgestuur is. ʼn Permanente rooikaart sal egter geld indien ʼn oortreding as doelbewus of baie gevaarlik beskou word. […]
Northern Tannery in Ondangwa steeds nie operasioneel
In 2020 het die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, privaatsektor-ondernemings en kommersiële entiteite gevra om deel te neem aan die opgradering en bedryf van die Northern Tannery-fasiliteit in Ondangwa. Die fasiliteit, wat deur die handelsministerie besit word, is gestig om beeshuide te looi om werksgeleenthede te skep, en om kwaliteit sekondêre leerprodukte te vervaardig. Die looiery is […]
Deep Yellow stel finale beleggingsbesluit oor Tumas uit
Die Australiese uraanontwikkelaar Deep Yellow sê hy sal sy finale beleggingsbesluit oor sy Tumas-projek in Namibië uitstel nadat hy vertragings ondervind het met die ontvangs van finale kosteberekening en kwotasies vir gedetailleerde ingenieurswerk. Die besluit, wat nou in Maart 2025 verwag word, sal ook nuut geïdentifiseerde geleenthede in ag neem om die projek verder te […]