Staan die Kankervereniging by op Wêreldkankerdag - January 30, 2023

Die Kankervereniging van Namibië bied op 4 Februarie ‘n fondsinsameling vir Wêreldkankerdag, wat op daardie dag herdenk word, aan. Hulle gaan t-hemde verkoop om fondse in te samel. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging…

Read More

Vrese oor resessie, rentekoerse stoot Brentprys af - January 30, 2023

Brent ru-olie het vandag teruggesak op vrese oor dreigende rentekoersverhogings deur groot sentrale banke en tekens van sterk Russiese olie-uitvoere. Beleggers verwag dat die Federale Reserweraad in die VSA Woensdag koerse met 25 basispunte sal verhoog, en die dag daarna, gevolg deur halfpuntverhogings deur die Bank van Engeland en die Europese Sentrale Bank. Brent verhandel […]

Read More

Mswati sal nie SAOG-troika op sekuriteit in Windhoek bywoon nie - January 30, 2023

Koning Mswati III van Eswatini sal die buitengewone beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat blykbaar môre in die hoofstad plaasvind, misloop. Die byeenkoms sal na verwagting die politieke en veiligheidsituasie in die streek bespreek. In sy plek sal die koninkryk se premier, Cleopas Sipho Dlamini, dit bywoon en hy sal ‘n verslag oor sy land […]

Read More

Vrotpootjie kan ‘n uitdaging word, veearts gee raad - January 30, 2023

Efundja bring meer as net gevaar vir mense en infrastruktuur. Vee wat vir lang periodes in water of modder staan ontwikkel ook vrotpootjie. Volgens Windhoek-veearts, dr. Theuns Laubscher, is die oplossing glad nie so eenvoudig nie. Hy het raad vir boere wat moontlik die uitdaging het.

Read More

Rand Water moet reservoirs afskakel om vlakke te laat herstel - January 30, 2023

Die Stad Ekurhuleni sê Rand Water se belangrikste reservoirs wat die stad van water voorsien, sal daagliks vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens afgeskakel word sodat hulle kan herstel. Dit volg soos die watervoorsiener besig is om sy bergingsvermoë op te bou. Hierdie ingryping sal voortduur totdat Rand Water se toevoerstelsels herstel. Die stad se […]

Read More

Onwaar dat daar minder aan kommunale Meatco-produsente betaal word - January 30, 2023

Die hoof uitvoerende beampte van Meatco sê daar is geen onregverdige prysstrukture tussen kommunale en kommersiële boere nie. Sy aanmerkings aan Kosmos 94.1 Nuus kom na aanleiding van twee boere-unies, die nasionale boere-unie, NNFU, sowel as die ontluikende kommersiële boere-unie wat aanvoer dat boere in die noordelike kommunale streke nie dieselfde vir hulle diere betaal word nie. Mwilima Mushokabanji, sê pryse […]

Read More

Groot belegging in bloubessies - January 30, 2023

Königstein Capital, wat tot dusver meer as 100 miljoen Namibiese dollar in die Mashare-bloubessie aanleg belê het, beplan om sy belegging in die volgende 10 jaar tot meer as ‘n miljard dollar te verhoog. Königstein het deur sy beleggingsinstrument Spitz Capital, waar die Staatsinstellings Pensioenfonds (GIPF) die primêre belegger is, die eerste twee fases ontwikkel wat altesaam 60 hektaar bloubessies […]

Read More

LP’s en hul nuwe selfone - January 30, 2023

Reaksie word ontvang op berigte dat lede van die Nasionale Vergadering selfone ontvang het en kon kies tussen ‘n Apple iPhone en Samsung-foon. Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om kommentaar by die adjunkleier van die Landless People’s Movement te kry maar, hy was ontstoke en het beklemtoon dat hy niks ontvang het nie. Hy het geweier om kommentaar te lewer. Die PDM se tesourier Nico […]

Read More

Is dit Rick se lied? Klink darem baie so… - January 30, 2023

Rick Astley dagvaar die kletsrymer Yung Gravy oor sy Betty (Get Money)-treffer wat Astley sê op sy Never Gonna Give You Up-treffer van 1987 gebaseer is. Besluit jy self:  Die totale eis is nie in die stukke wat by die hof in Los Angeles ingedien is nie maar beloop blykbaar miljoene Amerikaanse dollar en tantieme op Betty (Get Money).  

Read More

As dit nie te min lokomotiewe is nie, is dit onderdele wat vertraag is - January 30, 2023

TransNamib se probleme blyk om voort te duur. Nie net het die maatskappy groot tekorte aan lokomotiewe nie, die wat in gebruik kan, en moet wees, sukkel as gevolg van vertragings in die aflewering van onderdele. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Johny Smith het aan plaaslike media bevestig dat hulle steeds op bestellings wat verlede […]

Read More