
SASSA-amptenare wat bedrieg moet vasgetrek word - April 8, 2023
Die DA sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, moet verseker die SASSA-amptenare wat van die armstes en kwesbaarstes steel, word aanspreeklik gehou. Die party sê optrede teen hulle moet as ‘n waarskuwing en afskrikmiddel dien vir ander wat soortgelyke skemas in gedagte het. Die DA-lid, Bridget Masango, sê Zulu het in ‘n antwoord […]
Kagame sê geen lesse is deur volksmoord geleer nie - April 8, 2023
Die president van Rwanda, Paul Kagame, is bekommerd oor die konflikte wat op verskeie plekke in die wêreld woed. Kagame het by die Gisozi Nasionale Gedenkteken in Kigali gepraat tydens die herdenking van die volksmoord van 1994 waarin ‘n miljoen Tutsis en gematigde Hutus doodgemaak is. Die land is in ‘n routydperk van 100 dae […]
Ekonomie druk, vir Swapo ook, 300% verhoging in lidfooie - April 8, 2023
Die ekonomie knyp ook maar vir almal en so ook, die Swapo-party. Die sekretaris-general Sophia Shaningwa het aangekondig dat maandelikse lidmaatskap-fooie met meer as 300 persent verhoog is van 3 Namibiese dollar tot 10 dollar. Sy sê die besluit is by die onlangse sentrale komitee vergadering gemaak. Maar, alles is nie verlore nie. Werklose lede, […]
Shiimi sê nie meer aan wie GRN wat skuld nie - April 8, 2023
Die Namibiese finansministerie het opgehou om besonderhede oor sy buitelandse lenings bekend te maak. Voorheen is dit in die nasionale begroting bekend gemaak maar, nie meer nie. Volgens die jongste berigte, het buitelandse skuld meer as 151 miljard Namibiese dollar bereik en beslaan dit 70 persent van die BBP. Die syfer groei ook drie keer […]
Giwusa eis ANC-regering moet alle bande met Israel verbreek - April 8, 2023
Die algemene werkersvakbond in die buurland, Giwusa, doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om alle bande met Israel te verbreek. Dit volg op aanvalle op Palestyne in die Al Aqsa-moskee tydens Ramadan. Abeedah Adams van Giwusa sê die vakbond eis dat die regering Israel se ambassadeur en alle ander diplomatieke personeel die land moet […]
J&J sit US$8,9 miljard opsy vir talkum-skikkings - April 8, 2023
Johnson & Johnson sê hy het ingestem om 8,9 miljard Amerikaanse dollar te betaal om alle kanker-regsgedinge wat aan sy talkum-gebaseerde poeiers gekoppel is, op te los. Die wêreld se grootste vervaardiger van gesondheidsorgprodukte hoop om klagtes van sowat 60 000 eisers af te handel en ‘n trust te finansier wat in die Amerikaanse bankrotskaphof […]
Nigel Owens sê nee vir Rassie - April 8, 2023
Rugby: Die legendariese skeidsregter Nigel Owens sal nie die aanbod aanvaar om by die Suid-Afrikaanse afrigtingspan vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi aan te sluit nie. Die Springbok-direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, wou die Wallieser aan boord hê as hul nuwe skeidsregter-afrigter omdat die heersende wêreldkampioene die kroon so goed moontlik wil verdedig wat hulle vier jaar […]
Mutorwa sê daar’s meer ingenieurs nodig – duisende steeds werkloos - April 8, 2023
Aanmerkings deur die Namibiese vervoerminister John Mutorwa het wenkbroue laat lig. Mutorwa meen Namibië het meer ingenieurs nodig en dat hulle ‘n “harmonieuse verhouding” met hul geboue moet hê. Op die oomblik is jeugwerkloosheid in die nuus met 84 000 gegradueerdes wat sedert 2018 in die arbeidsmark ingestoot is. Van dié groep het net minder […]
Gupta-broers: ActionSA sê SA het internasionaal respek verloor - April 8, 2023
ActionSA sê hy is uiters teleurgesteld in die Verenigde Arabiese Emirate se weiering van Suid-Afrika se versoek om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer om verhoor te word vir staatskaping-verwante misdade. Die woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die misdade het die regering meer as 250 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos. Hy voeg by, die nuus dat […]
Europese boere sat vir goedkoop Oekraïnse graan-invoere - April 8, 2023
Duisende boere het regoor Roemenië betoog oor die impak van Oekraïnse graan-invoere op pryse. Die boere het verkeer ontwrig en grenskontrolepunte met trekkers en vragmotors versper, en die Europese Kommissie aangemoedig om in te gryp. Woede neem toe onder boere in Sentraal- en Oos-Europa oor ‘n vloed van goedkoop Oekraïense graaninvoere, vrygestel van doeanegelde tot […]