
Tweede Vroue en Landbouberaad vind in September plaas - July 13, 2023
Die tweede Vroue- en Landbouberaad vind vanaf 27 September by Nasionale Teater van Namibië in Windhoek plaas met die tema “Leveraging Technology and Innovation to Unleash the Potential of Agriculture and Value Addition,”. Op 28 September sal virtuele werkswinkels aangebied word. Dit sal ‘n unieke byeenkoms te wees, wat belanghebbendes van uiteenlopende agtergronde byeen bring […]
Gevalle van chroniese lood-blootstelling aan kinders by Rosh Pinah bevestig - July 13, 2023
Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, het gevalle van chroniese lood-blootstelling by Rosh Pinah in die Karas-streek aan plaaslike media bevestig. Volgens dr. Muinjangue is tien gevalle van chroniese lood-blootstelling onder kinders tussen die ouderdomme van een en 12 vandeesmaand by Lüderitz en Rosh Pinah aangemeld. Sy sê ‘n streeksbestuurspan is op 6 Julie […]
Ondersoek kom na Mashatile se eiendomslenings - July 13, 2023
Die Gautengse LUR vir menslike nedersettings en Infrastruktuur-ontwikkeling, Lebogang Maile, het die regeringsinstelling, die Gautengse Vennootskaps-fonds, beveel om dringend ondersoek in te stel na bewerings van lenings wat aan adjunkpresident Paul Mashatile en sy familie gekoppel word. Suid-Afrikaanse berig die fonds het langer as ‘n dekade buitensporige lenings gebied aan Nonkwelo-beleggings. Die lenings het na […]
Biden: VSA se toewyding aan Oekraïne sal nie verflou - July 13, 2023
Amerikaanse President Joe Biden sê die VSA se toewyding aan Oekraïne sal nie verflou nie. Hy het op die laaste dag van die twee daagse Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se beraad in Litaue gepraat. Navo het bevestig Oekraïne sal by die alliansie aansluit sodra sekere voorwaardes nagekom word. President Volodymyr Zelensky het egter die vertraging as absurd […]
Tennis: Alcaraz deur na sy eerste Wimbledon-halfeind - July 13, 2023
Tennis: Die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz, is deur na sy eerste Wimbledon-halfeindronde. Die Spanjaard het die Deen, Holger Rune, met 7-6, 6-4 en 6-4 verslaan en die jongste man geword om die laaste vier by Wimbledon te haal sedert ‘n 20-jarige Novak Djokovic van Serwië dit in 2007 reggekry het. Die 20-jarige Alcaraz […]
Armoede lei tot toename in winkeldiefstal - July 13, 2023
Die hoë vlakke van honger en armoede in Suid-Afrika dra volgens berigte by tot ʼn styging in voorvalle van winkeldiefstal. Volgens die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Herintegrasie van Oortreders, is meer as 6 000 winkeldiewe sedert 2021 regoor die land in hegtenis geneem. ʼn Woordvoerder van die instituut, Magda Reynolds, sê winkeldiefstal gebeur om […]
32% Namibiese vroue en meisies ervaar geweld - July 13, 2023
Terwyl vroue en meisies 49,7 persent van die wêreldbevolking uitmaak, maak hulle 51 persent van die bevolking van Namibië uit. Hulle word nie altyd geprioritiseer nie, as gevolg van geslagsdiskriminasie wat die wortel van die probleem is, sê Gift Malunga, die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds se verteenwoordiger in Namibië. Volgens die Stand van Wêreldbevolkings-verslag van […]
Cyril waarsku teen uitbrand van vragmotors - July 13, 2023
President Cyril Ramaphosa het ‘n ernstige waarskuwing gerig aan diegene wat betrokke is by die uitbrand van vragmotors en sê hulle sal met die volle mag van die wet te doen kry. Minstens 21 vragmotors is die afgelope vier dae in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo uitgebrand. Ramaphosa het by die voorstelling-seremonie van kadette by die […]
Voormalige Mosambiekse finansminister aan VSA uitgelewer - July 13, 2023
Die Suid-Afrikaanse departement van justisie en korrektiewe dienste het die voormalige Mosambiekse minister van finansies, Manuel Chang, aan die Amerikaanse owerhede uitgelewer. Hy word daarvan beskuldig dat hy deel was van ‘n korrupsie-skandaal wat byna die ineenstorting van sy land se ekonomie veroorsaak en Amerikaanse beleggers bedrieg het. Chang, wat in 2018 in Johannesburg in […]
Tennis: Ons Jabeur neem wraak op Wimbledon - July 13, 2023
Tennis: ‘n Nuwe vrouekampioen word Saterdag op Wimbledon gekroon nadat Ons Jabeur wraak geneem het vir haar nederlaag in verlede jaar se eindstryd teen Elena Rybakina van Kazakstan. Die sesde-gekeurde Tunisiër het die derde gekeurde Rybakina op in die halfeindronde op die hoofbaan in drie stelle verslaan met 6-7, 6-4, en 6-1. Jabeur speel teen […]