
Kunsmatige intelligensie al hoe belangriker vir boere - August 14, 2023
Kunsmatige intelligensie neem die landbousektor oor namate boere poog om bedrywighede te optimaliseer deur data-gebaseerde besluite. Kenners meen kunsmatige intelligensie kan oplossings bied vir boerdery-uitdagings, soos uiterste weersomstandighede, beurtkrag, stygende insetpryse, brandstofkoste en klimaatsverandering. Volgens die Universiteit Stellenbosch se ekonomiese navorser, Johann Kirsten, speel kunsmatige intelligensie ‘n belangrike rol in die advies- en inligtingsfeer, met […]
Junta sal Niger se Bazoum vervolg vir hoogverraad - August 14, 2023
Niger se staatsgreepleiers wat President Mohamed Bazoum omver gewerp het, sê hulle sal hom vervolg op klagte van hoogverraad en die ondermyning van die veiligheid van die land. Hy sê hy het bewyse ingesamel en sal die afgesette president voor bevoegde nasionale en internasionale liggame vervolg. Bazoum word sedert die dag van die staatsgreep, 26 […]
Weerman sê oor wanneer die lente, en reën, kom - August 14, 2023
Die lente lyk so nou en dan asof hy sy verskynsel wil maak maar dan is die oggende weer bibberkoud. Terwyl ons bewus is van die Drei Eisheiligen wat nog voor somer moet kom, hoop almal seker dat die ergste koue verby is. Volgens die onafhanklike weerman Johan van den Berg, is dit ‘n tweedelige […]
Ekonoom sê BoN sal repokoers onveranderd hou - August 14, 2023
Die makelaarsfirma Simonis Storm voorspel dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers nog een keer vanjaar met 25 basispunte, na 8,5 sal opstoot. Die Bank van Namibië maak die week Woensdag sy jongste repokoers bekend. Op die oomblik staan dit op 7,75 persent met inflasie wat baie laer ingekom het op 4,5 persent vir Julie. Kosmos […]
Fishrot: Esau eis regsman van sy keuse, GRN moet betaal - August 14, 2023
Die partye in die Fishrot-saak het vanoggend vlugtig voor regter Kobus Miller voorgekom om te bepaal of die partye gereed is vir die formele verhoor wat beplan word vir 2 Oktober vanjaar. Die staat het bevestig hy is gereed maar die verdediging vra uitstel. Daar is blykbaar te veel stukke om in twee maande volledig […]
Kenner reageer op Netumbo wat sê ons is oor 7 jaar selfversorgend met voedsel - August 14, 2023
Aanmerkings deur die minister van internasionale betrekkings Netumbo Nandi-Ndaitwah wat sê Namibië sal teen 2030, oor net sewe jaar, kan voldoen aan al sy voedselvereistes, het wenkbroue laat lig. Daar is talle uitdagings waaronder nie net beleid en befondsing nie, maar ook klimaat en infrastruktuur. Namibië se voedselsekerheid is power met duisende huishoudings wat staatmaak […]
Dis hoekom jou internet-verbinding so haaks is… - August 14, 2023
As jou koerasies saans hoogloop met stadige internet – hier is die rede. Die Wes-Afrika-kabelstelsel, bekend as WACS, en die Suid-Atlantiese Oseaan 3, SAT–3, ondersese kabels is beskadig, wat internetverbinding reeds sedert 6 Augustus beïnvloed. Die breuk word glo deur rotsstortings in die Kongo-canyon veroorsaak. Dit is die tweede keer sedert net voor die pandemie […]
Republikeine vry in Iowa vir stemme - August 14, 2023
Dit was ‘n besige naweek by die Iowa-skou met verskeie top-kandidate vir die Republikeinse nominasie wat gevry het na ondersteuners. Die skou is uiters belangrik om dat dit derduisende besoekers lok en Iowa self is net so belangrik omdat die eerste Republikeinse koukus einde Januarie daar gehou sal word. Oudpresident Donald Trump was ook daar […]
Gesondheid reageer op komitee se verslag oor dienste landwyd - August 14, 2023
Die gesondheidsministerie het ‘n uitgebreide nuuskonferensie gehou na die parlementêre staande komitee op gesondheid besoeke afgelê het en ‘n verslag, oor die reuse-uitdagings van die ministerie bekend gemaak het. Die uitvoerende direkteur Ben Nangombe het melding gemaak van kontrakteurs wat nie werk voltooi nie of, kontrakteurs wat nie bevoeg is om seker werk uit te […]
R10 000 se beloning vir vermiste EFF-lid - August 14, 2023
Die EFF in Gauteng bied ‘n beloning van 10 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir enigiemand met bevestigde inligting wat kan lei tot die opsporing van ‘n partylid, Elias Molwayedwa Skhosana. Hy is laas gesien op 29 Julie, by die FNB-stadion in Johannesburg, tydens die EFF se tiende bestaansjaarviering. Die party se provinsiale leier, Nkululeko Dunga, […]