Cyril bekommerd Putin se inhegtenisname kan tot oorlog lei - July 19, 2023

President Cyril Ramaphosa is bekommerd oor ‘n moontlike oorlog met Rusland indien die regering sou gehoor gee aan die Internasionale Strafhof se versoek om President Vladimir Putin in hegtenis te neem indien hy die Brics-beraad volgende maand bywoon. Die Noord-Gautengse hooggeregshof het opdrag gegee dat Ramaphosa se beëdigde verklaring rakende die Demokratiese Alliansie se saak, […]

Read More

USS Kentucky met kernwapens gooi anker by Busan - July 19, 2023

ʼn Amerikaanse duikboot toegerus met kernwapens en deur amptenare van Suid-Korea geïdentifiseer as die USS Kentucky, het die eerste keer in vier dekades in die hawe van Busan vasgemeer. Dit volg nadat Amerika ingestem het om gereeld kernduikbote in die Asiese land te ontplooi, as ʼn afskrikmiddel vir die toenemende aggressie van Noord-Korea. Die suster […]

Read More

Fietsry: Vingegaard vergroot voorsprong in Tour de France - July 19, 2023

Fietsry: Die verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard, het sy algehele voorsprong in die Tour de France vergroot met ‘n skitterende oorwinning oor die tweemalige wenner, Tadej Pogacar. Die Deen het die roete van 22,4 kilometer van Passy na Combloux in 32 minute en 36 sekondes gewen op ‘n beslissende dag vir die toer. Die 26-jarige fietsryer […]

Read More

MVAF hou padpatrollies by skole - July 19, 2023

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds gaan voort om padveiligheids-bewustheid by leerders te skep, veral wanneer hulle die strate na en van skole oorsteek. Met die winterskoolvakansie wat tot ‘n einde gekom en die meeste skole vandeesweek heropen het, sal die fonds voortgaan om padveiligheid by skole te bevorder deur onder meer pad-patrollies by verskeie skole regoor die land […]

Read More

Parlement sloer oor lot van Air Namibia-werknemers - July 19, 2023

Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het ‘n raadplegende vergadering met voormalige werknemers van Air Namibia gehou. Die vergadering volg ná twee petisies wat ontvang is van ontevrede werknemers van die bankrot nasionale lugdiens. Die voormalige werknemers wil hê die komitee moet belanghebbendes ontbied om onder meer die vertragings in die betaling […]

Read More

Twee mans, tienerseun vasgetrek met Mandrax-tablette - July 19, 2023

Twee Namibiese mans en ‘n tienerseun verskyn vandag in verband met dwelmklagte in die Okakarara-landdroshof in die Otjondjupa-streek. Die 17-jarige seun is tydens ‘n patrollie van die Namibiese polisie in die Okondjatu-nedersetting met ‘n halwe Mandrax-tablet in sy besit gevind nadat hy verdag voorgekom het. Tydens verdere ondersoek van Nampol is daar vasgestel dat 217 […]

Read More

Korrektiewe dienste besluit nog of Zuma moet terug tronk toe - July 19, 2023

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê korrektiewe dienste se nasionale kommissaris, Samuel Thobakgale, beraadslaag tans met regsadviseurs om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe. Die Konstitusionele Hof het ‘n appèl teen ‘n Appèlhof-beslissing verwerp dat Zuma se vrylating op mediese parool onregmatig was. Lamola sê Thobakgale moet tyd en […]

Read More

Trump sê hy word geteiken in ondersoek oor Kongresgebou-aanval - July 19, 2023

Amerikaanse oudpresident Donald Trump sê hy is deur spesiale raadgewer Jack Smith ingelig dat hy die onderwerp van ‘n kriminele ondersoek is. Die ondersoek hou verband met sy pogings om die 2020-verkiesing omver te werp, en die gepaardgaande aanval op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Trump sê op sy Truth Social-platform hy het […]

Read More

Energiekenner bekommerd oor hoë beurtkragvlakke - July 19, 2023

Die Suid-Afrikaanse energiekenner Sampson Mamphweli het kommer uitgespreek oor die potensiaal vir hoër vlakke van beurtkrag in die somer indien ingrypende maatreëls nie getref word om die land se elektrisiteits-opwekkingsvermoë te verbeter nie. Mamphweli het die vertraging met die opknapping van twee eenhede by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad uitgelig as ‘n bydraende faktor wat die […]

Read More

Venaani: Arm gemeenskappe ly onder prysstygings - July 19, 2023

Die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement McHenry Venaani, het onlangs die Bakgalagadi-gemeenskap in die Aminuis-kiesafdeling in die Omaheke-streek besoek waar hy sê kwessies van onder-ontwikkeling, werkloosheid en armoede was die fokuspunte in hul gesprekke. Venaani sê dat die minderheids-gemeenskappe werklik agterweë gelaat word deur die Namibiese regering. Venaani sê die prysstyging […]

Read More