
Nampol bevestig twee word ondervra in verband met plaasaanval op Grootfontein - August 1, 2023
Die Otjozondjupa-polisie het bevestig dat daar wel twee persone op Grootfontein op die oomblik ondervra word in verband met die plaasaanval Sondagaand op die Gärtner-egpaar. Die boere het volgens wat berig word, daarin geslaag om die twee vas te trek. Die streek se polisiewoordvoerder, Maureen Mbeha, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die ondersoek […]
Handelstekort verminder, aangedryf deur diamante, vis - August 1, 2023
Namibië se handelstekort het in Junie op 1,4 miljard Namibiese dollar ingekom teenoor 2,8 miljard dollar wat in Mei vanjaar aangeteken is. Suid-Afrika is steeds die land se belangrikste vennoot, vir beide invoere en uitvoere. Soos gewoonlik, is diamante, nie-monetêre goud, uraan, koper en vis die top kommoditeite. Heruitvoere het baie goed vertoon en het […]
Brics kan ‘n impak op kunsmis-beskikbaarheid hê - August 1, 2023
Die besigheidsrade van die Brics-groepering het bymekaargekom om ‘n reeks prioriteite vir die jaar te bespreek. Een van die kwessies binne die agrisake-werkgroep was die beskikbaarheid van kunsmis, met ‘n klem om verbeterde toegang en pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor die moontlike impak wat dit plaaslik […]
Daar is wetgewing wat die kommersiële slag van honde in Namibië verbied - August 1, 2023
Die Justice for Animals-drukgroep sê in ‘n verklaring dat ‘n verbod op die slag van honde om sy liggaam, vel of enige ander deel kommersieel te benut in die huidige wetgewing vervat is. Op die oomblik dien in Dierebeskermingswet van 1962 steeds as die enigste wet in die land en die bepaling, wat in 1972 in […]
Uerikua sê hulle wag om te hoor oor droogtehulp vir sy streek - August 1, 2023
Veeboere in Namibië worstel met die verwoestende gevolge van droogte, wat hulle dwing om moeilike besluite te neem soos die aankoop van grasbale of die hervestiging van hul diere na gebiede met beter weidingstoestande. Langs die B1-hoofpad word gesien hoe boere grasbale koop terwyl hulle na en van noordelike Namibië reis. Die droogtesituasie in Namibië […]
Creecy moet verslag doen oor bekamping van renoster-stropery - August 1, 2023
Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, gaan vandag verslag doen oor die vordering met die implementering van geïntegreerde pogings om renosterstropery in Suid-Afrika te bekamp. Die land het die afgelope jaar ‘n verskuiwing in renosterstropery van die Krugerwildtuin na KwaZulu-Natal beleef. Die departement sê verskeie maatreëls word ingestel om te verseker dat Ezemvelo-KZN Wildlife toegerus is […]
Tories sukkel reeds sedert 2011 om migrante, asielsoekers te hanteer - August 1, 2023
Die migrante-krisis in die Verenigde Koninkryk bly in die nuus. Die Britse skadu minister van justisie, Steve Reed, sê die Tory-regering het sedert 2011 nie werklik die krisis in die land aangespreek nie. Hy voeg by dat die proses om asiel ook agterweë gelaat is deur die regering.
Pee Wee Herman-akteur sterf - August 1, 2023
Paul Reubens, die akteur wat Pee Wee Herman vertolk het ,en die karakter geskep het, is dood na ‘n lang stryd met kanker. Die akteur het nie sy diagnose bekend gemaak nie en sy dood is eers laat Maandag in die VSA in ‘n plasing op sy Instagram-blad bekend gemaak. Die 70-jarige word beskryf as […]
DA nader Menseregtekommissie oor Ekurhuleni-kragkrisis - August 1, 2023
Die DA in Gauteng sê hy het ‘n klag by die Menseregtekommissie gelê, aangesien hy wil hê die ANC/EFF-bestuur in Ekurhuleni moet aanspreeklik gehou word vir die voortslepende elektrisiteitskrisis wat húlle geskep het. Michele Clark van die party sê om vir 50 dae sonder krag te wees met besighede wat vir dae aaneen moet sluit, […]
Geringe daling in gaping tussen plaashek- en winkelpryse - August 1, 2023
Die verskil tussen die prys van groente by die plaashek en op die winkelrak laat wenkbroue gereeld rys omdat dit plaaslik so groot is. In sy jongste ontleding sê die makelaarsfirma Simonis Storm dat die gaping effe verklein is met ‘n verhoging in pryse by die plaashek met amper 21 persent teenoor ‘n styging van […]