Twee mans naby Okahandja vasgetrek met luiperdvel - August 24, 2023

Twee mans verskyn na verwagting môre in die landdroshof op Okahandja nadat hulle gearresteer is met ‘n luiperdvel in hul besit. Volgens die Namibiese polisie se hoof van gemeenskapsake in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, is die twee mans van 24 en 36 jaar oud by die T-aansluiting van die Hochfeld-Okahandja-pad noord van Okahandja, gearresteer. […]

Read More

SA ekonome voorspel terugkoopkoers sal onveranderd bly - August 24, 2023

Ekonome in die buurland voorspel die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die terugkoopkoers onveranderd hou na ‘n aansienlike daling in die verbruikersprys-indeks. Dit volg op die aankondiging oor die inflasiekoers wat verlede maand tot 4,7 persent gedaal het. Die bank se Monetêre Beleidskomitee het op sy laaste vergadering die terugkoopkoers op 8,25 persent gehou te midde van […]

Read More

Trump spog oor sy hoë peilings - August 24, 2023

Amerikaanse oudpresident Donald Trump het geen tyd gemors om ander Republikeinse kandidate aan te val tydens sy vooraf-opgeneemde onderhoud met die voormalige Fox News-gasheer Tucker Carlson nie. Die onderhoud van 46 minute, vrygestel op Carlson se X-rekening, wat 9,7 miljoen volgelinge het, is tans deur 136,6 miljoen kykers gesien. Trump het gesê sy hoë peilings […]

Read More

Krieket: Laura Wolvaardt is tussentydse Proteas-kaptein - August 24, 2023

Krieket: Laura Wolvaardt is as die tussentydse kaptein van die Protea-vrouespan aangewys. Die talentvolle top-orde kolwer sal die span lei in die komende toere teen Pakistan en Nieu-Seeland. Wolvaardt se aanstelling volg nadat Suné Luus onlangs haar rol as waarnemende kaptein prysgegee het, en die onderkaptein, Chloe Tryonon, wat nie beskikbaar is vir die reeks […]

Read More

Beleggings stroom in vir Savanna Beef - August 24, 2023

Uitstekende vordering is gemaak met Savanna Beef Processors se beleggings, sowel as die beplande konstruksie van die abattoir. Dit is op die maatskappy se jaarvergadering Woensdag in die hoofstad aangekondig. Cirrus Capital in Windhoek hanteer ook die derde ronde van beleggings van beesprodusente wat op 7 September sluit. Romé Mostert, direkteur van Cirrus, het met […]

Read More

Swartrenosterkoei op wildsplaas by Grootfontein gestroop - August 24, 2023

‘n Saak van renosterstropery word op ‘n wildsplaas in die Grootfontein-distrik ondersoek nadat die karkas van ‘n swartrenosterkoei by ‘n watergat gevind is. Die horings van die renoster is nie verwyder nie, maar voorlopige nadoodse ondersoeke op die karkas het aan die lig gebring dat die koei in die maag geskiet is. Volgens die Namibiese […]

Read More

Brics-lande wil afhanklikheid van Amerikaanse dollar verminder - August 24, 2023

President Cyril Ramaphosa sê die Brics-lande is gereed om hervorming in die wêreld se finansiële stelsels aan te pak. Hy het vandag die uitkomste bekendgemaak van die 15de Brics-beraad in Johannesburg. Die Nuwe Ontwikkelingsbank wat Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China gevestig het, maak deel uit van ‘n opbouende plan om minder afhanklik te wees […]

Read More

Paddington Bear kry sy eie posseël op 65ste verjaardag - August 24, 2023

Die koninklike posdiens in Brittanje het spesiale seëls bekend gestel om Paddington Bear se 65ste verjaardag te vier. Die Peruviaanse beer het die eerste keer as karakter in Michael Bond se klassieke 1958-boek, A Bear Called Paddington, verskyn. Hy was die afgelope jare ook ‘n ster in flieks met Ben Whishaw wat ‘n  stem aan […]

Read More

SA landbou-sektor sal baat by Brics-ooreenkoms - August 24, 2023

Die Suid-Afrikaanse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sê Suid-Afrika sal by die gesamentlike Brics-ooreenkoms baat vind deur verskeie landbou-uitdagings wat aandag kry. Die doel met die ooreenkoms is om volhoubare landbouproduksie te bevorder, klimaatsverandering en voedselsekerheid aan te pak en landboutegnologie-vernuwing te bevorder. Die Brics-landbousamewerkings-ooreenkoms fokus op beter toegang tot voedsel en […]

Read More

Trustco bring dringende aansoek in hoërhof oor opgeskorte banklisensie - August 24, 2023

Die Trustco-groep het ‘n dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof gebring nadat die Bank van Namibië verlede Vrydag Trustco Bank Namibia se banklisensie tydelik opgeskort het. Die sentrale bank het na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, op […]

Read More