Cele groet as polisieminister

Die uittredende polisieminister in die buurland, Bheki Cele, het die mense van Suid-Afrika bedank wat hom met die ministerie van Polisie vertrou het. Cele het tydens die polisie se nasionale medalje-parade by die SAPD-akademie in Tshwane-Wes gepraat. Hy het ook die ANC bedank wat hom in die amp aangestel het en het raad gehad vir […]

Read More

Grensverskuiwende toets kan Parkinsons aandui

Navorsers het die biologiese merker van Parkinson se Siekte geïdentifiseer waaruit ‘n eenvoudige bloedtoets hopelik ontwikkel kan word om die siekte minstens sewe jaar voor die eerste simptome aan te dui. Wetenskaplikes het agt sleutelproteïne, oftewel merkers, in bloedmonsters van Parkinsons-lyers geïdentifiseer wat algemeen is by mense met die siekte. Kunsmatige intelligensie kan hiervolgens die […]

Read More

Verdedigende kampioen Alcaraz wen openingswedstryd by Queen’s

Tennis: Carlos Alcaraz het Dinsdag by Queens-klub drie stelpunte afgeweer en Francisco Cerundolo met 6-1, 7-5 geklop in sy eerste poging om sy titel te verdedig. Die Spanjaard wat vroeër die maand sy derde Grand Slam by die Franse Ope gewen het, het sy eerste grasbaanwedstryd van 2024 effens onseker begin. Hy het egter later […]

Read More

Kyk na boorgate, bepleit landbou

Die landbouministerie se hoof van landelike watervoorsiening in die Oshikoto-streek, Stevenson Tuukondjele, het inwoners versoek saam te werk deur boorgatkwessies stiptelik aan te meld om onklaarrakings te vermy. Hy sê vanjaar moes 14 gate vervang word omdat probleme nie aangemeld word nie en vier moes van nuuts af geboor word wat baie duur is. Boorgate […]

Read More

PAC sluit aan by eenheidsregering

Die PAC in die buurland sê hy het besluit om deel te wees van die regering van nasionale eenheid. Die sekretaris-generaal, Apa Pooe, sê hierdie strategiese besluit is die gevolg van die party se verbintenis om beleidsposisies van binne die regering te verander. Pooe sê die besluit is gewortel in die geloof dat die PAC […]

Read More

Kenia en Haïti bevelvoerders vergader

‘n Span Haïtiaanse polisiebevelvoerders het Kenia se polisiehoof ontmoet voor ‘n beplande ontplooiing na die land wat na verwagting teen einde Junie sal plaasvind. Kenia gaan ‘n VN-gesteunde multinasionale vredesmissie lei om bendegeweld in Haïti te bekamp. Die Haïtiaanse polisie het ook bevelvoerders van die 1 000 Keniaanse beamptes ontmoet wat as deel van die […]

Read More

Dr. Helena woeker weer met katarakte

Die internasionaal-bekroonde dr. Helena Ndume is weer besig met ‘n uitreik om katarakte te verwyder en sodoende ouer Namibiërs se lewensgehalte te verbeter. Sy is tans besig in die Zambezi- en Kavango-streke en opereer op 700 pasiënte. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die vordering.

Read More

Uraan: Russe sê data sal kom met eksplorasie

Uranium One het gereageer op lynminister Calle Schlettwein se kommentaar dat hy nog data nodig het in verband met die moontlike risiko van in-situ loging in die Stampriet-bekken. Riaan van Rooyen, woordvoerder van die Russiese maatskappy sê hulle stem saam en daarom moet hulle eksplorasie voortgaan. Hy verduidelik.

Read More

Mufeti sê daar was oortredings in Swakoprivier

Inwoners van Okahandja het einde April ‘n petisie ingedien oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Die ondertekenaars is erg bekommerd oor die skade wat aan die omgewing en ekologie gedoen word. Hulle het gevra dat alle onwettige sandmynaktiwiteite oombliklik gestop moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingskommissaris Timotheus Mufeti gepraat, wat sê dat […]

Read More

Foto-toerisme en jag kan saam bestaan

Professionele jag, wat trofeejag insluit, is toenemend onder druk veral in Europa. Die Namibiese Professionele Jagvereniging kyk na nuwe markte, veral met ‘n dreigende verbod op trofee-invoere in talle lande. Kosmos 94.1 Nuus het met grootwildjagter Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris gepraat en hy sê toeriste moet jagters respekteer sodat almal saam toerisme in […]

Read More