Cyril bekragtig Wysigingswetsontwerp op Verkiesings
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings bekragtig. Dit gee uitvoering aan ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat die wet ongrondwetlik verklaar het omdat dit deelname aan verkiesings slegs tot lede van politieke partye beperk het. Die gewysigde wet laat onafhanklike kandidate toe in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers, en stel ‘n […]
Kremlin-kritikus kry 25 jaar tronkstraf
Die Verenigde Nasies se menseregte-hoof het ‘n beroep op die Russiese regering gedoen om onmiddellik die Kremlin-kritikus, Wladmir Kara-Murza vry te laat. Kara-Murza is vroeër vandag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onder meer aan hoogverraad skuldig bevind is. Hy kritiseer al vir jare die Russiese President Vladimir Putin en Rusland se inval in […]
Bester-minnares moet aanspreeklik gehou word
IRS forensiese ondersoeke se georganiseerde misdaad-ondersoeker, Chad Thomas, sê Thabo Bester se minnares, Nandipha Magudumana, kan nie beweer sy was ‘n slagoffer van geslagsgeweld in haar verdediging vir die hulp en bystand met die ontsnapping van die veroordeelde verkragter en -moordenaar nie. ‘n Berig in inernasionale media ui aan Magudumana se vriende het beweer Bester […]
Thieme gee reaksie op Heineken-oorname
Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme sê die totale reuse-uitbetaling van 5,4 miljard Namibiese dollar van dividende aan aandeelhouers van Namibia Breweries, is danksy die uitbetaling van ’n spesiale dividend wat aan Heineken N.V. se oorname van die meerderheidsbelang in NamBrew gekoppel was. Die wêreld se tweede grootste bierbrouer, Heineken N.V. […]
Vermeende moordenaar vandag in hof
Die Namibiese polisie het bevestig dat ‘n 40-jarige man in verband met die moord van ‘n vermiste man in hegtenis geneem is. Nampol het vroeër die publiek se hulp gevra om die liggaam van ‘n man wat in ‘n sloot in die suidelike nywerheidsgebied gevind is te identifiseer. Die oorledene is ook erg aangerand voordat […]
Kleinskaalse vissers kan insette lewer oor seismiese opname
Kleinskaalse vissers en gemeenskapslede kan die volgende vier dae hul mening lug oor ‘n voorgestelde 3D-seismiese opname aan die Suidoos-kus van Suid-Afrika. Die multinasionale maatskappy vir geowetenskaplike tegnologie-dienste, CGG Services, het by die departement van minerale bronne en energie om omgewingsmagtiging aansoek gedoen om ‘n spekulatiewe 3D-seismiese opname te onderneem in die Algoa/Outeniqua-kom, tussen Gqeberha […]
Rugby: Varsity-beker word vanaand opgeraap
’n Opwindende Varsitybeker-rugbyseisoen kom vanaand tot ‘n einde, wanneer die Noordwes Universiteit se Arende die Universiteit van Kaapstad se Ikeys Tiere op die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom pak. Die wedstryd begin seweuur. Die twee spanne het vroeër in die seisoen reeds teen mekaar gespeel. Die Arende het toe koning gekraai.
Kaapstad kry sonkragprojek van R1,2 miljard
Die Stad Kaapstad het vandag die afskop van ‘n nuwe sonkragprojek ter waarde van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig. Die inisiatief, befonds deur die Duitse en Britse regerings en die Franse Ontwikkelingsbank, beloof om die Moederstad, in die nabye toekoms, teen ten minste een fase van beurtkrag te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in […]
Dr. Ithula sê PDM en UPM oortree Kieswet met alliansie
Namibië se Kieswet het spesifieke wetlike vereistes en prosedures vir die vorming van politieke party-alliansies. Volgens die Independent Patriots for Change-leier, dr. Panduleni Itula, wek die samesmelting van die Popular Democratic Movement en die United People’s Movement in 2019 kommer oor moontlike oortredings van die wet. Hy sê versuim van politieke partye om te voldoen […]
Ariamsvleise polisieman steeds vermis
Volgens die Namibiese polisie is die polisiebeampte van Ariamsvlei in die Karas-streek steeds vermis. Nampol versoek steeds die hulp van die publiek om die 35-jarige Dominikus Swartbooi op te spoor. Swartbooi is onlangs na die Ariamsvlei-polisiestasie oorgeplaas en het reeds op 4 April vermis geraak het. Hoof-inspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder Nampol het met Kosmos 94.1 […]