Thieme gee reaksie op Heineken-oorname

Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme sê die totale reuse-uitbetaling van 5,4 miljard Namibiese dollar van dividende aan aandeelhouers van Namibia Breweries, is danksy die uitbetaling van ’n spesiale dividend wat aan Heineken N.V. se oorname van die meerderheidsbelang in NamBrew gekoppel was. Die wêreld se tweede grootste bierbrouer,  Heineken N.V. is nou amptelik die meerheidsaandeelhouer in NamBrew. Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.