Dokter-tekort by Namibiese staatshospitale aangespreek

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die dokters-tekort word in sekere staatshospitale aangspreek. Een van dié hospitale is die Engela-staatshospitaal, die grootste hospitaal in die Ohangwena-streek wat 180 000 mense bedien. Weens sy geografiese ligging besoek Angolese burgers wat oorkant die grens woon, ook die hospitaal. Die hospitaal het net vyf dokters gehad en […]

Read More

Swakopmund wil volledige riooldienste aan gemeenskappe verskaf

Swakopmund-munisipaliteit wil sanitasie in die informele nedersettings op Swakopmund verbeter. Volgens die woordvoerder, Linda Mupupa, is die riool-netwerk en verskeie pompstasies ontwrig as gevolg van sand, klippe en ander vreemde voorwerpe wat in die riool-netwerk gestort is. Sewe sanitasie-sentrums nader voltooiing wat ‘n tydelike oplossing is terwyl gepoog word om volledige toegang tot riooldienste te […]

Read More

Tik Tok dalk op Britse staatsdienswerkers se fone verbied

Die Britse regering oorweeg dit om ander lande na te volg en ook die Tik Tok-toepassing op staatsdiens-werkers se werks-fone te verbied. Westerse lande is toenemend bekommerd die uiters gewilde Chinese videodeel-toepassing kan gebruik word om pro-Beijingse standpunte te bevorder of gebruikersdata in te samel. Die VK se minister vir sekerheid Tom Tugendhat het die […]

Read More

Nóg boorgate vir droogtegeteisterde Oos-Kaap

Die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap sê hy is besig met projekte wat daarop gemik is om die water-infrastruktuur te verbeter. Die onderburgemeester, Mkhuseli Jack, sê die St George’s Wellfield-boorgat word aan die waterstelsel gekoppel. Die gemiddelde damvlakke staan tans op 12 persent. Jack sê die metro het hom daartoe verbind om ‘n aantal […]

Read More

Agribank bekommerd oor akute voedsel-onsekerheid

Die voedselsekerheid-situasie in Namibië het volgens ‘n Agribank-verslag oor akute voedsel-onsekerheid in Namibië tussen Januarie en Maart vererger. Volgens die verslag sal 390 000 Namibiërs na verwagting hoë vlakke van akute voedsel-onsekerheid ervaar. Die streke van Kavango-Oos- en -Wes-, Kunene, Omaheke, Oshikoto en Otjozondjupa het die meerderheid mense wat in ‘n voedselkrisis verkeer. Die stram […]

Read More

MTC maan teen swendelary oor Simkaart-registrasie

MTC het die publiek gewaarsku om swendelaars op sosiale media-plasings te ignoreer wat beweer dat hulle verduidelik hoe MTC-kliënte hul Simkaarte met ‘n kort kode kan registreer om lang rye te vermy. MTC het vandag in ‘n verklaring gesê dit is nie moontlik om die vereiste Simkaart-registrasieproses per SMS te voltooi met ‘n kort kode […]

Read More

Wes-Kaap wis agterstand van operasies uit

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê dit kon daarin slaag om die provinsie se agterstand in chirurgiese prosedures, teen die einde van verlede maand, met meer as 70 persent te verminder. Die agterstande is tydens die Covid-pandemie vererger omdat baie behandelings en chirurgiese prosedures uitgestel moes word, weens hertoewysing van hulpbronne om die pandemie te […]

Read More

Koffie word al hoe skaarser, duurder

ʼn Onlangse studie toon klimaats-faktore, insluitend reënval, vogtigheid en afwisselende temperature, het koffie-opbrengste die afgelope 40 jaar wêreldwyd laat daal. Die navorsing het die uitwerking van klimaatsfaktore in die voorste 12 koffie-produserende lande tussen 1980 en 2020 ontleed. Dit toon vyf van die ses moeilikste jare was tussen 2010 en 2020. Die studie is in […]

Read More

Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag saam herdenk

Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag word vanjaar op 16 en 17 Maart in Windhoek en Groot Aub herdenk. Die tema vir vanjaar is “Accelerating change and restoration of wetlands and water resources through partnerships”. Die Namibiese ministerie van landbou, NamWater en die Nust herdenk dié dag saam met Unesco. Leerders en studente sal Donderdag Groot Aub en […]

Read More

Wallabies-rugbyspeler wil Namibiese rugby bevorder

Die Wallabies-rugbyspeler Richard Hardwick, sê hy is gereed om Namibië by die Wêreldbeker in Frankryk te verteenwoordig. Die 28-jarige Hardwick is in Namibië gebore en het in westelike Australië grootgeword. Hardwick speel flank vir die Melbourne Rebels. Hy meen hy kan Namibiese rugby ‘n hupstoot gee om die land te verteenwoordig, maar ook te help […]

Read More