Verkiesingskommissie in SA is amper gereed om nuwe wetgewing te begin

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê hy vorder met die instel van die nuwe Verkiesingswysigingswet. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê ondanks tydsdruk het die kommissie reeds met die nodige voorbereidings vir die nuwe wetgewing begin. Hy het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die proses het begin nog vóór die wet onderteken is: