Kunene styg skerp by Ruacana

Daar was uiters goeie neerslae in die opvangsgebied van die Kunene-rivier en daarom ook, verligting in kragopwekking. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die vloei by die Ruacana-hidroëlektriese-aanleg het skerp gestyg tot by 928 kubieke meter water per sekonde maar het toe afgeneem na 521 kubieke meter Maandagoggend. Die rivier het uiters swak tot dusver in die huidige seisoen gevaar met vloei rondom 100 tot 200 kubieke meter water per sekonde. Die Okavango-rivier styg ook met vlakke van amper 6 meter wat aangeteken is terwyl die Zambezi se vlakke daal en op 3,91 meter gemeet is.