
B2Gold begin produksie afskaal - November 14, 2023
B2Gold het in 2011 aangekondig hy gaan toemaak en is tans besig om geleidelik produksie te begin afskaal. Die myn se algemene bestuurder, Eric Barnard, het die inligting en meer gedeel by ‘n mediabespreking in die hoofstad. Die myn sal sy afskaling in 2024 begin met die toemaak van een van sy skagte. Die geleidelike […]
Meer mense het nou werk in SA - November 14, 2023
Die amptelike werkloosheidsyfer in Suid-Afrika in die derde kwartaal was 31,9 persent. Dit is 0,7 van ‘n persentasiepunt laer as die koers van 32,6 persent in die tweede kwartaal. Die Kwartaallikse Opname van die Arbeidsmag toon die aantal werkende mense in die derde kwartaal het met 399 000 tot 16,7 miljoen toegeneem. Die aantal werklose […]
Sonbesies neem ruskamp oor - November 14, 2023
Die Krugerwildtuin se bestuuur sê die Letaba-ruskamp is tans oorrompel deur sonbesies. Die bestuur waarsku besoekers oor die verskynsel, aangesien die klank, weens hul groot getalle, ‘n luidrugtige koor geword het. Hierdie insekte, bekend vir hul sporadiese verskynings, is skadeloos, maar is aangetrokke tot lig. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, raai gaste aan om hul […]
Kiwi’s wys hul bestendigheid - November 14, 2023
Nieu-Seeland het nog nooit die Wêreldbeker gewen nie, maar is besonder bestendig deur die vyfde agtereenvolgende keer die halfeindronde te haal. Die Kiwi’s, asook die gashere, Indië, die vyfmalige kampioen, Australië, en die gereelde aanspraakmaker om die titel, Suid-Afrika, het na die eerste fase van vyf weke tot die laaste vier deurgedring. Indië het nege […]
B2Gold het ‘n hart van goud - November 14, 2023
B2Gold Namibia ondersteun vroeë kinderontwikkeling in die Nakayale Privaat Akademie in die Omusati-streek, wat in 2016 oopgemaak het. Die skool poog om gehalte-onderrig aan wees- en gemarginaliseerde kinders in die streek te verskaf. Die akademie het 181 studente in ses grade, en beplan om oor die volgende twee jaar tot ‘n volle laerskool te groei. […]
Boogskutters wen goud - November 14, 2023
Twee Namibiërs het uitgeblink by die 13de Afrika Boogskiet Kampioenskap wat in Nabeul, Tunisië gehou is. Jacqueline Coetzee en Lutz Dietrich Wahlers het altwee goue medaljes gewen, in onderskeidelik die saamgestelde vroue-kategorie en die kaalboog mans-kategorie. Hul spanmaat, Quinn Reddig, was ook een van die uitblinkers by die kampioenskap en het algeheel sewende geëindig in […]
Waarheen gaan NSFAF se geld? - November 14, 2023
Waarheen gaan die geld wat aan die Studente Finansiële Bystandsfonds terugbetaal word, wou PDM-hoofsweep Elma Dienda in die Nasionale Vergadering van finansminister Ipumbu Shiimi weet. Sy voeg by dat die fonds elke maand onder die loep is in die NV. Sy sê die begroting word gereeld vermeerder, maar daar is ook gereeld geld wat niemand […]
Dankie vir N$18 per uur, maar … - November 14, 2023
Arbeidsminister Utoni Nujoma het onlangs ‘n minimum-loon van 18 Namibiese dollar per uur voorgestel en gesê hy wil die finale besprekings en kabinetsgoedkeuring dringend voltooi om teen die eerste kwartaal van volgende jaar die loon te implementeer. Hy sê vakbonde sal dan beter lone vir hul lede kan beding omdat die 18 dollar as minimumloon […]
Getstremdheidsraad beplan nuwe beleid - November 14, 2023
Die Nasionale Gestremdheidsraad van Namibië het ‘n raadplegende werkswinkel in Rundu gehou om die Konsepwetsontwerp op Persone met Gestremdhede en die Nasionale Beleid oor Gestremdheid te bespreek. Die raad se hoof uitvoerende beampte, Angelique Philander, sê die beleid dateer uit 1997 en is verouderd. Dit strook nie meer met die huidige behoeftes en vooruitgang van […]
‘Help ons in die houtskoolmark’ - November 14, 2023
Inheemse houtskoolprodusente versoek die regering om hul toetrede tot die internasionale houtskoolmark te vergemaklik en hulp te verleen met die nodige toerusting. Die beroep is gedoen tydens die Namibiese inheemse houtskoolgemeenskappe en produsentevereniging se behoefte-identifikasie werksessie in Gobabis. Ndjoura Tjozongoro, ‘n houtskoolprodusent van die Omaheke-streek, sê hulle het ondersteuning nodig in terme van toerusting en […]