Oekraïne 200 keer per dag aangevalJune 29, 2025
Oekraïne sê die land is die afgelope week gemiddeld 200 keer elke dag deur Rusland aangeval. President Volodymyr Zelensky het Saterdag gesê daar is 695 000 Russiese troepe in die land, met nóg 52 000 wat ‘n nuwe front in die noordooste van Oekraïne probeer skep. Intussen het Oekraïne se Europese bondgenote groter militêre steun beloof. Verlede jaar se militêre hulp was meer 50 miljard Amerikaanse dollar. Tot dusver vanjaar beloop dit reeds meer as 35 miljard dollar.