SA Inkomstediens het reuse-mislukking beleef
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het erken die leierskap het tussen 2014 en 2019 ‘n reuse-mislukking beleef ten opsigte van bestuur en integriteit. Edward Kieswetter het tydens ‘n geleentheid by die Universiteit van die Wes-Kaap in Kaapstad gesê sake wat met staatskaping verband hou, het ‘n kultuur van vrees en intimidasie by die organisasie veroorsaak. Hy sê die afgelope vier jaar is daar vordering gemaak om die publiek se vertroue in die Inkomstediens te herstel nadat dit doelbewus verswak is tydens die ampstermyn van sy voorganger, Tom Moyane.