Good Party wil basiese inkomstetoelaag hê
Die Good Party sê die voortslepende hoë werkloosheidsyfer wys miljoene Suid-Afrikaners sal nog jare lank in armoede vasgevang wees. Die land se werkloosheidsyfer het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Brett Herron van die Good Party sê die land het ‘n ekonomie nodig wat kan werk skep, maar intussen moet die maatskaplike sekerheidstelsel in geheel hersien word. Die eerste […]
40 nuwe Covid-gevalle aangemeld, 13,6% positiewe koers
Die Namibiese ministerie van gesondheid sê daar is tot en met 7 Mei, 40 nuwe Covid-gevalle uit 295 toetse bevestig. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 13,6 persent. Die hoeveelheid toetse het met 94 persent gestyg, vergeleke met die vorige week. Gevalle kom voor in ses streke wat Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Hardap uitsluit. Volgens die ministerie is daar 33 van die 54 pasiënte in […]
Vryheid van media in Afrika, plaaslik, bespreek
Die tweede Afrika-mediakonvensie in Lusaka, Zambië, het erkenning gegee aan die stand van die media in Afrika. Afgevaardigdes by die konferensie het hul kommer uitgespreek oor toenemende gevalle van oortredings teen joernaliste en media-werkers in Afrika wat onder meer die regte op vryheid van uitdrukking en mening, toegang tot inligting, assosiasie en politieke deelname skaad. Die […]
Graad 6-leerders in SA kan ook nie met begrip lees nie
‘n DA-parlementslid, Bax Nodada, is bekommerd oor die leeskrisis in Suid-Afrika. Die jongste verslae van die studie oor die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheid toon 56 persent van leerders in graad 6 in Suid-Afrika kan nie met begrip lees wanneer hulle op die graad 4 Vordering in Internasionale Leesgeletterdheids-evaluering getoets word nie. Hy sê dit is kommerwekkend dat slegs een uit elke vyf […]
Teregstellings styg met 53% in 2022
Die aantal teregstellings wat wêreldwyd in 2022 aangeteken is, was die hoogste in vyf jaar. Volgens Amnesty International is 883 mense in 20 lande tereggestel, wat ‘n styging van 53 persent verteenwoordig, vergeleke met die vorige jaar. Iran, Saoedi-Arabië en Egipte het 90 persent van die teregstellings uitgevoer. Die syfers sluit China uit, wat vermoedelik duisende elke jaar teregstel. Amnesty sê dat teregstellings in Noord-Korea, Viëtnam, Sirië en Afghanistan […]
Didiza bedank SA-boere vir werkskepping
Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het die landbousektor se bydrae tot die land se werksgeleenthede geloof. Sowat 888 000 mense het in die eerste kwartaal vanjaar in die primêre landbousektor gewerk wat van kwartaal-tot-kwartaal 3 persent en van jaar-tot-jaar 5 persent meer is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dis ver bo die landbousektor […]
Eskom pas beurtkrag op Namibië toe
Die uitvoerende hoof van NamPower Simson Haulofu sê Eskom pas reeds ‘n geruime tyd beurtkrag op Namibië toe. Hy sê die maatskappy het geen vooraf waarskuwing daarvan gegee nie maar, dat die stap nie die bepalings van die kontrak oortree nie. Wanneer dit gebeur, koop NamPower elektrisiteit aan by die Suider-Afrikaanse kragpoel, wat uiters duur is. Volgens Haulofu koop die maatskappy 180 megawatt aan vanuit Zambië, […]
Werkloosheid in SA moet nuwe oplossing kry
ActionSA sê Suid-Afrika se volgehoue hemelhoë werkloosheidsyfer beklemtoon die noodsaaklikheid dat die regering sy benadering tot die ekonomie moet verander en nuwe oplossings moet vind om werk te skep. Die land se werkloosheidskoers het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9 persent gestyg. Johann Krige van ActionSA sê ten spyte van herhaalde beloftes sedert 2018 om […]
Dresden-vyf is skuldig aan waaghalsige rooftog
Vyf mans is skuldig bevind aan die opspraakwekkende roof in Dresden in Duitsland in 2019. Die diewe het uiters kosbare en geskiedkundige juwele ter waarde van 113 miljoen euro, of 2,33 miljard Namibiese dollar, gesteel uit die stad se staatsmuseum. Die polisie het baie van die juwele teruggevind, insluitend ‘n swaard met diamante, maar daar word gevrees dat die res van die […]
Inter is (uiteindelik) deur na eindstryd in Kampioeneliga
Die driemalige wenners, Inter Milan, is die eerste keer in 13 jaar deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle AC Milan by San Siro met 1-0 verslaan het. Lautaro Martinez het die wendoel aangeteken, ná verlede week se oorwinning van twee doele in die eerste been. Simone Inzaghi se span kom op 10 Junie teen Real Madrid of Manchester City te staan in die eindstryd wat in Istanbul, Turkye, […]