Italië kanselleer Imola Grand Prix

Die Formule Een-gemeenskap het hulde gebring aan nooddienste se werk na reusevloede in die Emilia Romagna-streek in Italië, wat gelei het tot die besluit om hierdie naweek se Grand Prix op Imola te kanselleer. Die sport sê dis onmoontlik om die wedren veilig aan te bied en dit sou verkeerd wees om verdere druk op […]

Read More

Otji kondig eerste van rits tariefverhogings in die land aan

Die eerste tariefverhogings, soos verwag, is aangekondig. Inwoners van Otjiwarongo se tariewe en erfbelasting sal met 3 persent styg, rommelverwydering met 7 persent, water met 8 persent, riooldienste met 6 persent en begraafplaasdienste met 2 persent. Die verhogings tree op 1 Julie vanjaar in werking. NamPower is ‘n 8,97 persent verhoging toegestaan maar, dit is […]

Read More

Plaaslike owerhede in SA vorder met opgradering van watermeters

Miljoene voorafbetaade kragmeters in Suid-Afrika loop die gevaar om teen November volgende jaar buite werking te raak tensy dit opgradeer word. Die vereiste beklemtoon die noodsaaklikheid van tydige optrede om te verseker die meters funksioneer steeds behoorlik. Silas Mulaudzi van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering sê versuim om die meters aan te pas kan […]

Read More

Koolstof, El Niño sal temperatuur oor 5 jaar skerp opstoot

Nuwe navorsing van die Wêreld Meteorologiese Organisasie toon daar is nou ‘n kans van 66 persent dat die wêreld die aardverwarmingsdrempel van 1,5 grade Celsius tussen nou en 2027 sal oorsteek. Lande het onderneem om volgens die 2015 Parys-klimaatsooreenkoms te probeer om globale temperature nie hoër as 1,5 grade bo pre-industriële vlakke te laat styg […]

Read More

City verpletter Real Madrid

Manchester City is deur na die Kampioeneliga se eindstryd nadat hulle die verdedigende kampioene, Real Madrid, met vier-nul in die tweede been van die halfeindronde verslaan het. Die span het daarmee ‘n telling van vyf-een aangeteken. Twee doele deur Bernardo Silva, Eder Militao se eie doel en Julian Alvarez se beseringstyd-doel het vir City ‘n […]

Read More

N$15 miljard-projek vir Namibië se paaie beplan

Die Paaie-owerheid het ‘n vyfjaar-geïntegreerde strategiese plan van 15 miljard Namibiese dollar bekendgestel. Die plan poog om die nasionale padnetwerk uit te brei, asook om verskeie grondpaaie op te gradeer na bitumenstandaarde. Volgens die uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sal die  Padfondsadministrasie sowat 10,27 miljard dollar van die totaal voorsien met ‘n bykomende 1,22 miljard dollar […]

Read More

Salarisse vat reeds 5 jaar ‘n erge knou

Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika ook onder erge druk. Data uit die buurland toon salarisse wat werkers huis toe neem, het die afgelope vyf jaar onder inflasie gebly. Volgens BankServ Africa is dit hoofsaaklik te wyte aan ekonomiese uitdagings soos lae groei, die Covid-19-pandemie, beurtkrag en stygende inflasie. Hierdie probleme het ook ‘n […]

Read More

‘Knik-sindroom’ wek kommer in Uganda

Ugandese owerhede is bekommerd oor die toename in die onverklaarbare siekte bekend as knik-sindroom in die noordelike dele van die land. ‘n Gesondheidsbeampte, Kenneth Canna, sê die neurologiese toestand het ongelukkig tot veelvuldige sterftes in die Gulu-distrik gelei. Canna sê baie sterftes is veroorsaak deur aanvalle weens die siekte, wat veroorsaak het dat mense in […]

Read More

Dehli Capitals looi die Punjab Kings in IPL

Die Delhi Capitals het die Punjab Kings met 15 lopies verslaan in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rilee Rossouw se onoorwonne 82 van 37 balle het bygedra tot die Capitals se 213 vir twee op die telbord. Dit is die 32ste keer dat ‘n telling hoër as 200 in hierdie toernooi bereik word. Liam Livingstone se antwoord […]

Read More

‘Plaaslike inhoud’ kan korrupsie in petroleumbedryf bevorder

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die kwesbaarheid van die plaaslike inhoudsbeleid vir die petroleumbedryf in die land. Die instituut se direkteur Graham Hopwood sê dit kan misbruik word en die vrees bestaan dat politici en amptenare hulle mag en invloed sal misbruik om plaaslike inhoud verkrygingsplanne te gebruik om hul […]

Read More