Farmaseutiese reuse sal heelwat armer vanjaar wees

Farmaseutiese reuse wat die afgelope twee jaar miljarde uit die pandemie gemaak het deur entstowwe en behandelings te verkoop, is nou teen ‘n steil Covid-krans en verkeer onder beleggersdruk om hul meevallers verstandig te bestee. Westerse dwelmvervaardigers insluitend Pfizer, BioNTech, Moderna, Gilead Sciences, AstraZeneca en Merck het na raming ongeveer 100 miljard Amerikaanse dollar se […]

Read More

Leiers moet langtermyn doelwitte ontwerp, implementeer

Leierskapstyl en beleid wat nie in die lang-termyn funksioneer nie, veroorsaak meeste van die probleme wat die wêreld vandag te kampe het. Dit is die mening van die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres wat byvoeg dat die tipe denke die probleme meer onoplosbaar, verdelend en gevaarlik maak. Hy sê dinge gebeur nie in stappies […]

Read More

Waterbronne moet volhoubaar gebruik word

Die Namibiese landbouministerie hou in samewerking met die Wêreld Meteorologiese Organisasie, ‘n vergadering oor die Hidrologie- en Waterkoördineringspaneel in Swakopmund. Die paneel werk vir die volhoubare gebruik en bestuur van waterbronne, ook oorgrensbronne, sowel as dienste in die verband. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ndiyakupi Nghituwamata sê belangrikheid van die werk kan nie oorbeklemtoon […]

Read More

SAMA sê buurland sal voordeel trek uit mediese hof

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging doen ‘n beroep op die regering om ‘n gespesialiseerde mediese hof te stig. Dit volg ná ‘n onlangse voorval waarin moordaanklagte teen ‘n pediatriese chirurg aanhangig gemaak is. Dr Peter Beale is aangekla van die dood van ‘n tienjarige kind en ‘n baba van 21-maande wat albei gesterf het nadat hulle […]

Read More

Boeing besnoei 2 000 poste

Die vliegtuigvervaardiger Boeing beplan om vanjaar sowat 2 000 poste in finansies en menslike hulpbronne te sny. Dit is aangesien hy op ingenieurswese en vervaardiging wil fokus. Boeing sê hy sal sommige van die rolle uitkontrakteer aan Tata Consulting Services, ‘n eenheid van een van Indië se grootste konglomerate. 

Read More

Jake White is terug op sy pos

Jake White hervat dié week sy rol as die Bulle se direkteur van rugby. Hy het verlede maand ‘n noodoperasie ondergaan vir ʼn bloedklont in sy dunderm. Die voormalige Springbokafrigter het onlangs ʼn ope brief geskryf waarin hy meld die groot skrik met sy gesondheid het hom ʼn ander perspektief op die lewe gegee. Volgens […]

Read More

Gautengers moet klam bly, cholera is onder beheer

Inwoners van Gauteng word aangeraai om nie paniekbevange te raak nadat twee bevestigde cholera-gevalle in die provinsie aangemeld is nie. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het verseker die situasie is onder beheer. Sy het bevestig reaksiespanne is geaktiveer terwyl verhoogde toesigmaatreëls ingestel is. Volgens die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Motalatale Modiba, is die […]

Read More

Geingob berispe sy ministers by kabinetsopening

President Hage Geingob het vanoggend die amptelike opening van die jaar se bedrywighede van die kabinet hanteer. Hy het redelik geïrriteerd voorgekom en sy ministers berispe oor die land se korrupsie-plasing. Hy sê landsleiers wil nie met die media praat nie. Hy sê verder as daar ‘n probleem is, blameer ministers die regering maar, wanneer […]

Read More

SA se brandstofprys: Stelsel vir bepaling moet waai

Die DA sê die ANC se wanbestuur van die beurtkragkrisis veroorsaak chaos vir sakeondernemings van alle groottes. Jan de Villiers van die party sê die regering moet onmiddellik sy model waarvolgens hy die brandstofprys vasstel, hersien en die brandstofheffing skrap om die buitensporige las op die sakesektor, en veral klein-, medium- en mikro-ondernemings, te verlig. […]

Read More

Noord-Korea verantwoordelik vir meeste kripto-diefstal in ’22

Noord-Korea het in 2022 meer kripto-bates gesteel as in enige ander jaar en het die netwerke van buitelandse lugvaart- en verdedigingsmaatskappye geteiken. Reuters berig die inligting is vervat in ‘n vertroulike Verenigde Nasies-verslag wat hy onder oë gehad het. Die verslag sê Noord-Korea het toenemend gesofistikeerde kubertegnieke gebruik om toegang te verkry tot digitale netwerke […]

Read More