Reaksie op reuse-verhogings vir plaaslike owerheidsraadslede

Die toegelate verhogings van raadslede in plaaslike owerhede van tussen 15 en 25 persent bly in die nuus. Intussen het die vereniging vir werknemers in die owerhede, Alan, aangedui dat hy vir 50 persent volgende jaar sal vra, blykbaar omdat raadslede swaar kry. Maar waar is dienslewering en hoe moet die inwoners vir verhogings bekostig? […]

Read More

Misdaadvlakke in SA raak erger

Africa Criminal Justice Reform waarsku misdaadvlakke in Suid-Afrika raak erger as gevolg van hoë werkloosheid, beurtkrag en ‘n strafregstelsel wat nie voldoende gefokus is nie. In sy jongste ontleding van data tussen Januarie en Maart vanjaar, het moord op nasionale vlak jaar op jaar met 3,4 persent toegeneem. Die meeste moorde was in KwaZulu-Natal, die […]

Read More

Niger se junta ‘gereed’ om te onderhandel

Niger se militêre junta sê hy is oop vir samesprekings om ‘n streekskrisis op te los wat veroorsaak is deur verlede maand se militêre staatsgreep. Die aankondiging kom na beide die Kremlin en Washington sê ‘n vreedsame oplossing moet gevind word. Demokratiese Afrika-regerings het ‘n ook beroep op die staatsgreepleiers gedoen om die afgesette President […]

Read More

Onwettige visvang kom ook voor by Von Bach, Swakoppoort

Intelligence Support Against Poaching, bekend as Isap, sê dat hulle tans sowat vyf visvangnette per week uit Von Bachdam naby Okahandja verwyder. Pogings om die groot probleem van onwettige visvangbedrywighede by Von Bach te bekamp, is aan die gang tussen die eienaars van erwe by die dam en die omgewingsministerie. Onwettige vissermanne gooi nette in […]

Read More

Daar is stelsels wat moontlik El Nino in normale jaar kan verander

Bo-lugsisteme was die hele winter teenwoordig en het ook die onlangse reënval Suid van Windhoek veroorsaak. Die stelsels beweeg in vanaf die Weste en gepaard met die suidwaarste beweging van die intertropiese konvergensiesone, kan ‘n El Nino-jaar omdraai en normale jaar skep. Die bekende weerkenner van die Suide, George van der Merwe.

Read More

Epra vaar uit teen Iipumbu oor beleggings-wetsontwerp

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging het in ‘n ope brief aan handelsminister Lucia Iipumbu sy diep kommer oor die beleggings-wetsontwerp uitgespreek. Die vereniging sê hy is nie in kennis gestel oor enige openbare konsultasie voor die 7de Augustus s’n nie, en moes oor daardie byeenkoms op sosiale media hoor. Rolspelers is ook net vier dae tot 11 […]

Read More

Alweendo gesels oor olie, armoede, korrupsie en deursigtigheid

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê Namibië se oliebronne kan lei tot verhoogde vlakke van korrupsie en is nie ‘n outomatiese oplossing vir armoede nie. Hy het by die Namibiese Olie- en Gaskonferensie wat vandag en môre in Windhoek plaasvind, gepraat. Die bestuur van die bronne en die sektor is ook […]

Read More

Zuckerberg sê dis tyd om aan te beweeg oor hokgeveg met Musk

Mark Zuckerberg het Elon Musk uitgeroep vir wat hy as Musk se gebrek aan toewyding aan hul potensiële hokgeveg beskryf. Zuckerberg sê die X-baas is glad nie ernstig oor die geveg nie. Zuckerberg, wat duidelik baie minder as Musk weeg, het voorgestel die geleentheid moet vir liefdadigheid wees. Die twee het al sedert Junie daaroor […]

Read More

Ekonoom sê repokoers-besluit maak sin onder omstandighede

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die sentrale bank dat die repokoers onveranderd bly op 7,75 persent. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê in die heersende ekonomiese toestande was dit die regte besluit.

Read More

ANC sal in ’24 waai – Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê volgende jaar gaan Suid-Afrika se Moonshot-verkiesing wees, met opposisiepartye wat ’n reusesprong vorentoe gaan neem. Hy meen die ANC gaan onttroon word. ’n Veelparty nasionale konvensie word vandag en môre in Kempton Park in Johannesburg gehou. Steenhuisen sê die land het dringend ’n nuwe regering nodig wat die lyding van […]

Read More