Sewe SA opposisiepartye onderteken Veelparty-handves
In die buurland het die leiers van sewe opposisiepartye amptelik die Veelparty-handves vir Suid-Afrika na twee dae van samesprekings in Kempton Park aan die Oos-Rand onderteken. Ingevolge die ooreenkoms sal al sewe partye, insluitend die DA, Action SA, VF Plus en IVP, as individuele entiteite aan aanstaande jaar se algemene verkiesing deelneem. Die partye het […]
Vliegtuig val op motorfiets en motor by Kuala Lumpur
Tien mense is vandag in Maleisië dood nadat ‘n ligte privaat vliegtuig teen ‘n motorfiets en ‘n motor gebots het terwyl die vlieënier probeer het om by ‘n nabygeleë lughawe in die buitewyke van die hoofstad Kuala Lumpur te land. Die vliegtuig met ses passasiers en twee bemanningslede aan boord, het op ‘n hoofweg naby […]
Streng veiligheid by Brics-beraad
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur in die buurland, Natjoints, sê daar word amptelike akkreditasie vereis van almal wat die 15de Brics-beraad in Johannesburg, gaan bywoon. Die struktuur het ‘n nuuskonferensie gehou voor die beraad, wat vanaf volgende Dinsdag tot Donderdag plaasvind. Die medevoorsitter van Natjoints, Tebello Mosikili, sê akkreditasie is nie oordraagbaar nie en […]
Menzies gaan vir nog ‘n jaar vrag op HKIA hanteer, ingevolge huurooreenkoms
Menzies Aviation sê in ‘n mediaverklaring ingevolge die huur-ordonnansie van toepassing op die nuwe huurooreenkoms, moet die Namibiese Lughawens-maatskappy Menzies minstens 12 maande kennis gee om die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te ontruim. Geen sodanige kennisgewing is gegee nie, en Menzies is nie net geregtig nie, maar ook verplig om voort te gaan om die […]
Duitsland moenie volksmoord-kwessie probeer vryspring
Reaksie word ontvang op nuus dat die Europese Unie en Duitsland deur die KfW Ontwikkelingsbank ondersteuning aan die Namibiese landbouministerie se Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling gegee het. Infrastruktuur ter waarde van 23,8 miljoen Namibiese dollar is aan kommunale boere in die Omusati-streek gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, […]
Nuwe VSA ambassadeur in Niger gaan Niamey besoek
Die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Niger, Kathleen FitzGibbon, sal ná ‘n staatsgreep verlede maand besoek aflê in Niamey. Die adjunk-woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Vedant Patel, het aan verslaggewers gesê die besoek is vir voortgesette betrokkenheid by die situasie. Patel sê FitzGibbon gaan daarheen om ‘n missie te lei om die Amerikaanse […]
Rugby: Eddie Jones kasty Aussie media
Rugby: Australië se afrigter, Eddie Jones, se stormagtige verhouding met die media duur voort en verslaggewers het weer onder sy tong deurgeloop met die span se vertrek na die Wêreldbeker-toernooi. Hy is op Sydney se lughawe gevra hoekom hy die veteraan-losskakel Quade Cooper uit sy groep weggelaat en eerder op jong, onervare spelers besluit het. […]
Amarika Boerekoöperasie kry sy eie slaghuis op Outapi
Die landbouminister Calle Schlettwein het vandag die slaghuis van Amarika Boerekoöperasie by Outapi in die Omusati-streek geopen. Die minister het gesê dit was ‘n droom van Amarika om ‘n volhoubare waardeketting te vestig vir die vee wat hulle produseer en hierdie droom het nou ‘n werklikheid geword. Schlettwein het verder die Boerekoöperasie aangespoor om meer […]
Sonkrag-projek van Orano-ontsoutingsaanleg begin
Grondwerke van die sonkrag-projek vir die Orano-ontsoutingsaanleg in die Erongo-streek het afgeskop. InnoSun Energy Holding het bouwerk aan die sonkragplaas by die Trekkopje-myn begin. Die fasiliteit sal die Franse groep Orano se ontsoutings-aanleg met krag voorsien. InnoSun wil sy geïnstalleerde kapasiteit in Namibië vergroot en het ‘n jaar gelede ‘n tien jaar kragkoop-ooreenkoms met Orano […]
IPC vaar uit oor GBV-kursus vir LP-gades
Die Independent Patriots for Change het sy reaksie gegee op berigte dat die Nasionale Vergadering se vyfdag-kursus vir gades van LP’s op geslagsgeweld sal fokus. Die kursus wat blykbaar etiket vir LP’s se gades sal leer, sal die belastingbetaler 189 000 Namibiese dollar uit die sak jaag. Volgens plaaslike berigte, het die sekretaris van die […]