Impact het nie die fondse om Venus te ontwikkel nie

Upstream Online berig dat Impact Oil and Gas op die oomblik op hete kole wag vir die uitslae van die Venus-put waar hy ‘n 20 persent aandeel het. Volgens wat berig word het hy nie voldoende befondsing om die bron te ontwikkel nie. Impact het reeds met belanghebbendes vergader om sy aandeel, wat blykbaar ter […]

Read More

ID-kaarte met mikroskyfies is op pad

Die Namibiese kabinet het die bekendstelling van ‘n kontaklose mikroskyfie in identiteitsdokumente goedgekeur. Die kabinet het die ministerie van binnelandse sake opdrag gegee om die instelling van die slim ID-kaart ernstig te oorweeg. Slim ID-kaarte het ‘n mikroskyfie, nes ‘n bankkaart, wat die nodige biometriese data uniek aan elke individu sal stoor. Die slimkaarte volgens […]

Read More

Versigtig met stedelike brande in die komende weke

Terwyl almal wag vir die eerste reën, wat blykbaar in September sal kom, is die risiko vir veldbrande, sowel as brande in stedelike gebiede, uiters hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met Phillipus Sikongo van Stad Windhoek se brandweer gesels oor raad om brande te voorkom.

Read More

Wel erg vertraag, maar Koeberg se eenheid een kom November aanlyn

Eskom in die buurland sê die Koeberg-kernkragstasie se eenheid een is nou gereed om in November weer in diens gestel te word nadat meganiese werk om stoomopwekkers te vervang op die 28ste van verlede maand voltooi is. Die projek is telkens vertraag wat vrese laat ontstaan het dat eenheid een en twee dieselfde tyd van […]

Read More

R44-helikopter was nie plaaslik, of in SA, lugwaardig nie

Die voorlopige verslag rakende die noodlottige helikopter-ongeluk op 17 Julie op Swakopmund is bekend. Die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke sê die Robinson 44 helikopter het geen sertifikaat van lugwaardigheid in Namibië of in Suid-Afrika gehad nie. Die tuig was steeds onder sy Suid-Afrikaanse registrasie van ZS-HLG alhoewel sy eienaars, Golden Game cc, wat op Mariental deur […]

Read More

Kabinet gee uiteindelik aandag aan Karas-inwoners

Die Namibiese kabinet het sy beslissing gegee oor die verslag van die sewende gewone vergadering van die Oranje-Senqu-rivierkommissieforum, bekend as Orasecom. Die kabinet het opdrag aan die ministerie van landbou gegee om watersanitasie te verbeter vir gemeenskappe langs die Oranjerivier en die Karas-streek in die algemeen. Die kabinet het ook die ministerie beveel om die […]

Read More

Mashaba sê veelparty-ooreenkoms en -handves is goeie nuus vir buurland

ActionSA se president Herman Mashaba sê die Nasionale Veelpartykonvensie vir Suid-Afrika is die eerste stap om Suid-Afrika van die ANC te bevry. Die sewe politieke partye het amptelik ‘n voorverkiesingsooreenkoms gesluit wat onder andere bepaal dat die grootste party die regering sal lei. Die partye sal ook die manier waarop die nasionale kabinet saamgestel word, […]

Read More

Sanksies teen vier Russe wat blykbaar Navalny vergiftig

Amerika het sanksies ingestel teen vier Russe wat beskuldig word dat hulle in 2020 betrokke was by die vergiftiging van die opposisieleier, Alexey Navalny, wat tans in die tronk is. Drie van die vier het saam met ‘n gespesialiseerde laboratorium gewerk wat deur Rusland se federale veiligheidsdiens bedryf word. Navalny dien tans ‘n vonnis van […]

Read More

Minder bouprojekte in Windhoek in Julie, meer in Swakop

Altesaam 48 konstruksieprojekte is in Julie in Windhoek voltooi, vergeleke met 80 in Julie verlede jaar. In Swakopmund is 149 projekte in Julie voltooi vergeleke met 49 projekte in Julie verlede jaar, volgens Simonis Storm. Dit is die hoogste aantal projekte wat Swakopmund sedert Simonis Storm se opname voltooi het en 109 van hierdie projekte […]

Read More

Stad Windhoek ken nie tender toe aan jong firma

Die Stad Windhoek ontken die bewerings wat in plaaslike media gemaak is dat die stad ‘n tender van 200 miljoen Namibiese dollar aan die nuwelingsfirma Pulsar Electronic Solution toegeken het. Stad Windhoek het bevestig dat geen tender aan Pulsar Electronic Solutions toegeken is nie. Woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat die […]

Read More