VSA, Suid-Korea en Japan onderteken ooreenkoms by Camp David

Amerika, Suid-Korea en Japan onderteken vandag by Camp David in Maryland ‘n onderneming dat hulle in krisistyd met mekaar sal beraadslaag. Dit is die Amerikaanse President Joe Biden se eerste beraad by dié geskiedkundige rusoord van Amerikaanse Presidente. Die ooreenkoms is betekenisvol teen die agtergrond van ‘n lang geskiedenis van wantroue tussen Japan en Suid-Korea. […]

Read More

Rugby: Farrell-sage beskryf as ‘n sirkus

Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy kaptein, Owen Farrell onttrek aan môre se Wêreldbeker-opwarmings-wedstryd teen Ierland in Dublin na die omstredenheid oor sy rooikaart in verlede naweek se wedstryd teen Wallis. Die losskakel se rooikaart vir ʼn stywe arm teen ‘n teenstander se kop is gekanselleer voor Wêreldrugby Donderdag teen die besluit geappelleer […]

Read More

Olie- en gaskonferensie het baie geleer

Die Nasionale Olie- en Gaskonferensie het tot ‘n einde gekom. Meer as 700 afgevaardigdes het die geleentheid, wat klem op plaaslike deelname gelê het, bygewoon. Volgens die woordvoerder van Namcor, Paulo Coelho, was die twee dae uiters insiggewend. 

Read More

Geringe daling in moorde in SA

Daar is 6 228 mense tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika vermoor. Die ministerie van polisie en die minister, Bheki Cele, het vandag virtueel voor die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie verskyn. Die moordsyfer het met 196 gevalle gedaal, ‘n geringe afname van 3,1 persent. Poging tot moord-gevalle het met 7 persent toegeneem, terwyl […]

Read More

‘Vyandige’ media toegang tot Zim geweier

Zimbabwe bly in die nuus met volgende week se verkiesings. Berigte lui dat die land steeds toegang vir buitelandse media verbied. Volgens politieke aktivis Setfree Mafukidze, is dit tipies van die Zanu-PF wat self besluit of ‘n mediahuis ‘vyandig’ teenoor hom is of nie.

Read More

Eerste dreigemente in Trump se Georgia-saak

Wetstoepassers in die VSA ondersoek dreigemente wat verband hou met oudpresident Donald Trump se ondersoek na inmenging in die verkiesing in Georgia. Dit kom nadat name en adresse van lede van die groot jurie aanlyn geplaas is. Die oorsprong van die plasing moet bepaal word. Twee NBC News-verslaggewers wat oor die groot jurie-voorval geskryf het, […]

Read More

SA-dieselprys: Daar gaan inflasie weer…

Nes verbruikers effe verligting gekry het met ‘n laer inflasie-syfer van 4,5 persent vir Julie, kom die nuus dat diesel met tot 2 Suid-Afrikaanse rand en 60 sent in September in die buurland kan styg. Die impak daarvan sal uitkring en plaaslike huishoudings raak omdat so baie invoere vanuit die buurland kom. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Heli-ongeluk: Direktoraathoof sê reëls is oortree

Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die voorlopige verslag van die noodlottige helikopter ongeluk aan die kus. Abraham het bevestig dat dit voorkom asof lugvaart-regulasies oortree is omdat die helikopter vanuit Suid-Afrika na Namibië toe gebring is sonder dat dit lugwaardig […]

Read More

Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder

Die Karas-koördineerder van die Nasionale Jeugraad, Brandy Lufuma, sê die jeug-tuinbouprojek by Keetmanshoop het steeds die potensiaal om werkloosheid en voedselsekerheid in die dorp aan te spreek – sodra dit uitbrei. Die projek is drie jaar terug geloods en het sedertdien geen groei aangeteken nie. Daar is steeds net vier vrywilligers bestuur met kool, spinasie, […]

Read More

Bitcoin daal skerp, laagtepunt van twee maande bereik

Die kripto-geldeenheid Bitcoin het vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, die grootse sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoofindekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele op pad na ‘n derde week van verliese, […]

Read More